Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld

Open In Case Of Emergency

DAG 3 VAN 14

 

Moenie die seën misloop nie

Ons het een donker oggend op 'n platform by Point Lonsdale aan die Australiese kus vir branderplankry gestap. Die mis was so dig dat ek skaars meer as 'n paar treë voor my kon sien. Ek kon regtig slegs die hawehoof se ligte uitmaak, daarom het ek my oë op hulle gevestig en aanhou voortbeweeg.

Dit het my aan die verhaal van Josef in die Bybel herinner. As tiener is Josef deur sy broers in slawerny verkoop, toe valslik beskuldig en in die tronk gegooi, maar hy het sy oë op God gevestig en geweier om op te hou glo. God het sy geloof gebruik om hom te help om die heerser van Egipte te word.

Ek is seker ons wil almal daardie soort geloof hê, maar wanneer ons deur donker tye gaan, is ons geneig om meer op die probleem voor ons te fokus as op die God vir wie ons volg. Wanneer dit gebeur, loop ons die risiko om God se seën wat Hy vir ons beplan het, aan die anderkant van die beproewing mis te loop.

As jy jouself vandag midde-in donker mistigheid bevind, wees soos Josef — hou jou oë op God gerig en glo dat Hy hierdie beproewing gebruik om jou vir iets nuuts voor te berei.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Open In Case Of Emergency

Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan – is nou in 'n lewensstorm of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag leesplan sal jou herinner dat Jesus in beheer van elke storm is. Omdat visuele beeld die "taal van die 21ste eeu" is, bevat elke oordenking oorspronklike foto's om dit te verduidelik en die impak daarvan te verdiep.

More

Ons will graag vir Dave Adamson vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: Instagram.com/aussiedave