Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld

Open In Case Of Emergency

DAG 2 VAN 14

 

In die middel vasgekeer

Ek is mal oor Saterdagoggende. Het jy egter al ooit gedink hoe dit die Saterdag na Jesus se dood moes gewees het? Jesus is op 'n Vrydag dood en het die Sondag opgestaan … en daardie Saterdag tussenin was die enigste dag vir meer as 2 000 jaar toe geen enkele persoon op aarde geglo het dat Jesus leef nie. Daardie Saterdag moes 'n donker en eensame dag vir die dissipels gewees het. Dit was die dag NA hulle Leermeester dood is, en die dag VOOR sy opstanding.

Saterdag is die middelste gedeelte van 'n drie-dag verhaal wat afspeel en regdeur die Skrif herhaal word. Van Abraham en Isak, tot by Josef se broers, tot Ragab, tot Ester, tot Jesus ... iets verwoestends gebeur op dag een en dit is nie tot dag drie dat God 'n uitweg voorsien nie. Die skrywer John Ortberg verduidelik dit so: " ... Saterdag was die dag toe jou droom gesterf het. Jy het wakker geword en jy lewe nog. Jy moet aangaan, maar jy weet nie hoe nie. Of nog erger, jy weet nie hoekom nie."

Ons het almal al 'n "Saterdag" ervaar. Miskien is jy nou midde-in 'n Saterdag. Jy het jou werk verloor. Jou huwelik is op die rotse. Jou toetsuitslag was swak. Jou droom het deur die mat geval. Die verhouding is verby. Jy word uitgeskop. As jy midde-in 'n Saterdag is, is vandag die dag om hoop te hê, om vas te hou aan jou geloof en te glo dat Sondag op pad is.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Open In Case Of Emergency

Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan – is nou in 'n lewensstorm of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag leesplan sal jou herinner dat Jesus in beheer van elke storm is. Omdat visuele beeld die "taal van die 21ste eeu" is, bevat elke oordenking oorspronklike foto's om dit te verduidelik en die impak daarvan te verdiep.

More

Ons will graag vir Dave Adamson vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: Instagram.com/aussiedave