Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld
Ek Het Die Klokkespel Op Kersdag Gehoor (I Heard The Bells On Christmas Day)
Toe beier die klokke harder en dieper:
"God is nie dood nie, of slaap nie;
Die kwade sal misluk, die goeie sal seëvier,
Met vrede op aarde en 'n welbehae in die mense."
Wie is God vir jou? Is Hy jou beskermer? Jou voorsiener? Het jy Hom hierdie Kersfeestyd toegelaat om jou vrede te wees?
Dis maklik om God net as 'n vriend te beskou na wie toe jy in moeilike tye kan gaan of 'n towerlampie wat al jou gebede laat waar word. God is egter soveel meer as dit en die seëninge wat Hy vir jou wil gee is eindeloos! Hy bied vir jou so baie wonderlike dinge — heeltemal gratis — insluitende hoop, vreugde en vrede vir jou hart. God wil niks anders as die beste vir jou gee nie.
Alhoewel jou omstandighede moeilik kan wees, of soms moeilik om te verstaan, beteken dit nie dat God nie daar is nie. Hy gee om vir jou, Hy het jou lief met 'n volmaakte liefde en wag vir jou om Hom toe te laat om jou vrede te wees. Wanneer jy dus hierdie Kersfees aan al die geskenke dink wat jy moet koop, en jou lang taaklysie, moenie vergeet om tot bedaring te kom en te onthou dat God vir jou die onwankelbare, stille krag kan gee wat sy vrede vir jou bring nie.
VRAE:
Op watter maniere vind jy vrede en vertroosting in God?
Deur watter moeilike omstandighede gaan jy tans wat God se vrede jou kan help om te verduur?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.
More
Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church