Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld
Geniet Jou Kersfees (Have Yourself A Merry Little Christmas)
Geniet jou Kersfees, laat jou hart jubel.
Van nou af is ons probleme verby.
Kersfees kan soms 'n gejaag wees. Mense doen nog die laaste inkopies in oorvol inkopiesentrums om vir iemand die perfekte geskenk in die hande te kry, die huis moet versier word (jy soek na die een gloeilampie wat die hele string laat blaas het), 'n klomp geskenke moet toegedraai word en jy moet voorbereidings tref vir die familie wat die hele dag in jou huis gaan kuier. Dis so maklik om oorweldig te voel in sulke tye en die dinge wat regtig saakmaak mis te kyk.
Ons sien in Lukas 10 hoe dieselfde ding gebeur toe Jesus by die twee susters, Maria en Marta, se huis gaan eet het. Marta was baie besig om die kos voor te berei, dit te bedien en na ete alles op te ruim. Dis alles goeie dinge, maar dit hou jou besig. In die tussentyd het Maria Jesus se geselskap geniet. Toe Marta vir Jesus vra om vir Maria te sê om ook te help, het Hy geantwoord: "Maria het die beste deel gekies."
Jesus probeer vir ons sê om elke oomblik die lewe te geniet. Dis wonderlik as jy bereid is om soos Marta te wees en seker te maak dat al die voorbereidings getref is, maar dis nie die moeite werd om die geleentheid mis te loop om 'n gesprek met 'n familielid te hê wat jy nie dikwels te siene kry nie, of om jou kind se vrolike gesig te sien as hy of sy die geskenk kry waarvoor hulle gevra het nie. Dit handel nie oor alles wat ons moet doen of die lysie wat ons moet afmerk nie, maar oor die oomblik.
Moenie hierdie jaar die beste deel misloop nie. Gryp die geleentheid aan om die tyd met vriende en familie te geniet. Moenie tob oor die dinge wat jy moet doen nie, maar geniet die mense wat saam met jou is. Wees bewus van wat om jou aangaan, want dit is die beter ding en geniet hierdie Kersfees.
VRAE:
Watter dinge moet jy van jou taaklysie afhaal sodat jy meer soos Maria kan wees?
Wat is die beter dinge wat jy kies om deel te maak van hierdie Kersfees?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.
More
Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church