Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld

Carols: A Christmas Devotional

DAG 2 VAN 25

Ons Het Die Engele Gehoor (Angels We Have Heard On High)

Ons het engele uit die hemel gehoor
Hulle gesang klink mooi oor die velde
En die berge eggo hul vreugde
Ere aan God in die hoogste hemele

Wat inspireer jou? Watter dinge laat jou sprakeloos as jy dit aanskou? Is dit 'n familielid wie jy in baie jare nie gesien het nie? Is dit 'n asemrowende plek soos 'n berg of 'n geskiedkundige plek soos die antieke piramides van Egipte wat jy besoek? Die aand toe Christus gebore is, was die mees monumentale en ontsagwekkendste gebeurtenis wat nog ooit in menseheugenis gebeur het. God het sy enigste Seun aarde toe gestuur sodat ons die ewige lewe kan ontvang. Daar was nog nooit 'n gebeurtenis in die geskiedenis voor of na Christus se geboorte wat so 'n groot viering veroorsaak het nie. Engele het aan mense verskyn en 'n lied gesing. Kan jy jou voorstel hoe verbaas die skaapwagters was toe hulle die engele hoor sing het? Daardie oomblik was so majestueus dat ons heel moontlik nie ten volle kan begryp hoe dit was nie, want nie een van ons het al so 'n gesig aanskou nie.

Dit wil voorkom of mense deesdae al hoe minder sulke ontsagwekkende belewenisse het. Tegnologie het al so baie dinge in die wêreld tot in ons sitkamers en na ons vingerpunte gebring, dat ons na enigiets of enige plek kan kyk en voel of ons in lewende lywe daar is. Ongelukkig het die meeste van ons minder ontsagwekkende oomblikke saam met God as wat ons behoort te hê. Ons verhouding met Hom word dikwels te gemaklik en alledaags. Wend hierdie Kersfees 'n poging aan om weer daardie oomblikke met God te hê. Poog om jou verhouding met Hom so inspirerend te maak dat jy soos die engele sal jubel. Moenie toelaat dat jou verhouding met Hom alledaags word nie, maar laat dit eerder buitengewoon wees.

VRAE:

Dink aan ontsagwekkende oomblikke wat jy in God se teenwoordigheid gehad het. Hoe het daardie oomblikke jou verander?
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Carols: A Christmas Devotional

God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church