Hoop: 'n Studie in die SkrifVoorbeeld

Hope: A Study in Scripture

DAG 12 VAN 12

OORVLOEDIG IN HOOP

Deur Colleen Robichaud

“Mag die God van hoop julle deur julle geloof met alle blydskap en vrede vervul, sodat julle hoop oorvloedig kan word deur die krag van die Heilige Gees” — Romeine 15:13 (AFR20).

Van die skatte wat ons ontvang as dogters van God is onder andere kennis, die Woord en die Heilige Gees. Kom ons gebruik hierdie toerusting om die diepte en seën van oorvloedige hoop te ontgin.

In vandag se teksvers stel Paulus ons Here voor as “die God van hoop” wat ook kan verstaan dat "God self die hoop is!" Romeine 5:5 sê vir ons, sy “hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort ...”

Vul beteken tot op die rand. Ons sien dieselfde betekenis van hierdie woord in Johannes 12:3 (AFR53): “En die huis is vervul met die reuk van die salf.” Wat gebruik is om Jesus se voete te salf. Paulus gebruik die woord “vervul” om te beklemtoon dat God nie suinig is nie. Hy vervul die wat Hom liefhet tot oorlopens toe!

Paulus sê verder dat God ons vrygewig en oorvloedig “met alle blydskap en vrede vervul.” Ons eerste vreugde — of blydskap — is die vergifnis van sonde, wat lei tot die vreugde van 'n ewige lewe saam met Jesus — die prys van die hoë roeping van God (Filippense 3:14 AFR53). Lewe saam met God bring 'n diepe innerlike vreugde en jubeling voort. Dit maak nie saak of ons omstandighede gunstig of ongunstig is nie, ons sal bly wees en jubel: “en niemand kan [ons] blydskap van [ons] af wegneem nie” (Johannes 16:22).

In die Bybel word vrede gedefinieer as “'n toestand van harmonie en herstel.” Een Bybelkenner beskryf dit so: "Die rustige toestand van 'n siel wat verseker is van sy verlossing deur Christus, en dus niks van God vrees nie en tevrede is met sy aardse lot, watter soort lot dit ook al is.” Vrede is tweeledig: ons ontvang dit wanneer ons God se vergifnis aanvaar en so herstel in ons verhouding en harmonie met God beleef. En ons beleef dit in God se intieme teenwoordigheid. In Markus 6:50–51 (AFR20) met die wind wat loei en die storm wat woed, loop Jesus op die water om sy dissipels te ontmoet en sê vir hulle: “‘Hou moed, dit is Ek! Moenie langer bang wees nie!’ Hy het toe by hulle in die boot geklim, en die wind het gaan lê.” Let jy dit op? Die oomblik wat Hy op die toneel verskyn, toe hulle in sy teenwoordigheid kom, is daar vrede!

Nou beweeg ons aan na die onontbeerlike rol van geloof. Geloof en vertroue kom van die Griekse stamwoord pistis, wat beteken: “Om totale vertroue te hê in dit wat die vertroue waardig is.” God is verseker by magte “om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink” (Efesiërs 3:20). Ons moet hierin glo

Vandag se teksvers eindig met: “deur die krag van die Heilige Gees.” Dink so daaraan: Dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het (Romeine 8:11), is in jou! Net soos die Heilige Gees op Jesus aan die begin van sy bediening (Lukas 3:22–23) neergedaal het, is die tydstip wanneer die Heilige Gees in jou kom woon, die begin van joune.

Jou opdrag en doelwit is om oorvloedig te wees in hoop, met die wete dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is (Romeine 8:28). 

Vriende, “ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met blydskap en vreugde. Dan sal julle, deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedige hoop hê. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil.” (Romeine 15:13 DB). 

Nadenke: Gebruik die woorde van Romeine 15:13 om die volgende vrae te antwoord:

1. Wie is die bron van jou hoop?

2. Wat moet jy doen om met alle blydskap en vrede vervul te word?

3. Met wie word jy vervul wanneer jy glo en wat bring Hy in jou uit?

4.Wat is die uitkoms van die krag van die Heilige Gees in jou? Waarin sal jy oorvloedig wees?

Maak dit prakties: Skryf Romeine 15:13 neer en stal dit iewers uit waar jy dit elke dag kan sien.

Bid: Terwyl jy bid, vra die Here om jou met sy vrede, sy krag en sy vreugde te vervul, sodat jy oorvloedig in hoop kan wees.

Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Hope: A Study in Scripture

1 Korintiërs 13:13 sê: "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" Geloof, hoop en liefde is dié drie kenmerkende eienskappe van Jesus se volgelinge. Regdeur die Skrif word hierdie drie kenmerke saam gevind. Hierdie 12-dag leesplan vir vroue ondersoek die kern en die lewegewende krag van ons hoop in Christus Jesus.

More

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org