Hoop: 'n Studie in die SkrifVoorbeeld
VREUGDEVOL IN HOOP
Deur Isabelle Reardon
“Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed” — Romeine 12:12.
Vandag se Bybelvers val midde-in 'n lang lys aksies wat Paulus ons aanmoedig om in te wandel. Van die dinge wat hy ons aanmoedig om te doen is om ons liefde opreg te laat wees, om liefde en eerbied teenoor mekaar te betoon, om ons vervolgers te seën en om ons nie deur die kwaad te laat oorwin nie, maar die kwaad deur die goeie te oorwin.
Eerlikwaar, wanneer ek Romeine 12:12 lees, word ek nie bemoedig nie, want alles in my wil my nie verbly in die hoop nie, geduldig wees in verdrukking en volhardend wees in gebed nie. Alles in my is veel eerder geneig om te kla, is ongeduldig veral wanneer dit by verdrukking kom, en wil nie volhard in gebed nie. Ek sal graag vir Paulus wil sê: “Komaan, wie dink jy is ek? Dit voel soos 'n onmoontlike taaklysie!”
Jy voel dalk dieselfde. En dit is waar. Dit is moeilik om al hierdie dinge in ons eie krag te doen, wat bewys het dat dit eintlik baie swak en glad nie "kragtig" is nie. Jesus verwag nie van ons om 'n taaklysie te oorkom nie. Wat Hy eerder wil hê is dat ons sy geskenk van hoop, geduld en standvastigheid in gebed ontvang, wat net kan kom deur in Hom te bly.
Uit ons eie vermoë kan ons heeltemal niks doen nie (Johannes 15:5), en Jesus weet dit goed. In 1 Korintiërs 4:7 sê Paulus: “Wat besit jy wat jy nie ontvang het nie?” Enige goeie ding wat ons het en enige iets goeds wat uit ons voortgekom het, het nog nooit uit ons menswees gekom nie. Dit was nog altyd die resultaat van die lewende God wat in ons werk.
Ons hoef nie iets wat lyk asof ons, ons "verbly in die hoop" te probeer optower nie. Hoop Homself is vrylik aan ons gegee, en as gevolg van hierdie wonderlike gawe kan ons juig.
Vriende, Jesus het vir ons soveel gegee. Hy het vir ons 'n familie gegee, die hoop op die ewigheid, en Hy het Homself vir ons gegee. Maar ons het vrye keuse. Daarom kan ons kies waar ons gaan kyk en waaraan ons sal vasgryp. Ons moet onsself afvra: Gaan ons na onsself kyk om blydskap in hoop bymekaar te skraap? Gaan ons na ons omstandighede kyk om ons verlange na vreugdevolle hoop te stil? Of is ons bereid om dié dinge waaraan ons vasgehou het te laat gaan sodat ons kan vasgryp aan die skat wat aan ons gegee is — die Verlosser van die wêreld wat ons sy geliefdes noem en aan ons lewens sin gee?
Kom ons gee oor, gryp vas aan Jesus en sien toe hoe sy geskenk van vreugdevolle hoop in ons groei en ons hele wêreldbeskouing verander.
Nadenke: Waarom word vreugde en lyding so dikwels in die Skrif aan mekaar gekoppel?
Maak dit prakties: Dit is al tevore gesê dat blydskap 'n gevoel is, maar vreugde is 'n keuse. Dink daarom aan maniere hoe jy vandag vreugde kan beoefen, as 'n uitstorting van die hoop in Christus.
Bid: Hoop op die Here en vreugde in die Here is produkte van tyd met die Here. Terwyl jy vandag bid, dank die Here vir al die dinge wat Hy vir jou gegee het om jou in hoop te laat wandel en met vreugde te laat leef.
Aangaande hierdie leesplan
1 Korintiërs 13:13 sê: "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" Geloof, hoop en liefde is dié drie kenmerkende eienskappe van Jesus se volgelinge. Regdeur die Skrif word hierdie drie kenmerke saam gevind. Hierdie 12-dag leesplan vir vroue ondersoek die kern en die lewegewende krag van ons hoop in Christus Jesus.
More