Hoop: 'n Studie in die SkrifVoorbeeld
HOOP IN DIE WOORD VAN GOD
Deur Maritza Cosano
“My skuilplek en my skild is U; op u woord vestig ek my hoop” — Psalm 119:114 (AFR20).
Mense is soekers. Dikwels soek hulle die voordele van God: vrede, liefde, vreugde en hoop. Om egter daardie voordele te bekom, moet jy 'n ware verhouding met Hom hê. Hoe ontwikkel dit? Net soos enige ander verhouding begin dit deur Hom te leer ken, en dít kan net gebeur deur Jesus Christus — die Woord van God. Johannes 1:1 sê: “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.”
Dit is 'n redelik eenvoudige konsep, nѐ? Jesus is die Woord van God. Om 'n verhouding met Jesus te hê, kweek hoop. Hoe ontwikkel hierdie hoop egter en hoe verskil dit van die hoop wat die wêreld bied?
Voordat ek daardie vraag beantwoord, dink aan iemand wat met kanker gediagnoseer is en al hulle behandelingsopsies uitgeput het. Verbeel jou dat hulle sê: "Ek het die hoop dat ek ooit gesond sal word opgegee, maar my hoop in die Here sal nooit afsterf nie". Waarvan is dit 'n bewys? Dit wys dat die persoon se hoop om gesond te word 'n wens was, 'n begeerte, maar hulle hoop in die Here is 'n vaste oortuiging.
God weet dat ons nie sonder hoop kan leef nie. Hy is nie in die besigheid van net wense vervul nie, Hy is in die besigheid van 'n lewende hoop wat Hy vir ons gee. Selfs wanneer ons die dood in die gesig staar, het Christene — al raak ons soms mismoedig — 'n ewige hoop.
Om dus daardie vrae te beantwoord: Net soos geloof 'n geskenk van God is, is hoop ook 'n geskenk. Die Heilige Gees is die Een wat ons vul met God se liefde en hoop. Hierdie hoop kweek vreugde en vervulling, wat ons net kan ervaar deur die werk van die Heilige Gees. Geen wêreldse oplossing of voorsiening kan naby daaraan kom nie.
Hierdie versekering kan slegs gevind word in die Woord van God. Dit is ons "volle-toegang kenteken"! Van Genesis tot Openbaring, vertel Jesus ons verskeie wonderlike waarhede: ons is God se kinders, ons is uitverkore, ons is geliefd en ons is nooit alleen nie.
Die Skrif dui duidelik die pad na 'n lewe van vreugde en hoop aan: aanvaar jou omstandighede en wees dankbaar daarin (1 Tessalonisense 5:16-18), kies om nie besorg te wees nie (Filippense 4:6), vestig jou oë op Jesus eerder as op jou omstandighede — terwyl jy sy voorbeeld volg in lyding (Hebreërs 12:2) — en plaas jou hoop in die toekomstige heerlikheid (2 Korintiërs 4:16-18; Kolossense 1:5; Titus 1:2).
Jesus is ons toevlug en skild (Efesiërs 6:10-18). Wanneer ons dan in 'n ware verhouding met Hom leef deur gebed, studie en die bepeinsing van sy Woord, ervaar ons dié soort hoop wat alle verstand te bowe gaan.
Nadenke: Kyk hierdie week na jou lewe vanuit 'n nuwe perspektief. Sien jou lewe op die skerm van die ewigheid, waar jou 70+ jare skaars 'n kolletjie op die skerm is. Dit is die ewigheid wat werklik saak maak.
Maak dit prakties: Lees Psalm 25:3, 119:105, en Efesiërs 6:10-18. Vra jouself dan af: Wat is die voordele van die hoop wat ek in Jesus het, deur die Woord van God?
Bid: Prys Jesus dat Hy jou hoop is. Hy sal jou nooit in die steek laat nie (Romeine 5:5).
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
1 Korintiërs 13:13 sê: "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" Geloof, hoop en liefde is dié drie kenmerkende eienskappe van Jesus se volgelinge. Regdeur die Skrif word hierdie drie kenmerke saam gevind. Hierdie 12-dag leesplan vir vroue ondersoek die kern en die lewegewende krag van ons hoop in Christus Jesus.
More