Hoop: 'n Studie in die SkrifVoorbeeld

Hope: A Study in Scripture

DAG 5 VAN 12

HOOP WAT NIE TELEURSTEL NIE

Deur Shara Carara

“Konings sal pleegvaders van jou kinders wees. En koninginne hulle pleegmoeders. Hulle sal diep voor jou buig en die stof van jou skoene aflek. Dan sal jy weet dat Ek die Here is. Wie sy hoop op My stel, sal nie teleurgestel word nie” — Jesaja 49:23 (NLV).

God se uitverkore volk van Juda was in 'n tydperk van moedeloosheid en het die vervulling van die beloofde "verbond met my volk om sy land te herstel" (Jesaja 49:8) in twyfel begin trek, omdat hulle so swaar gekry het. "Die Here het my verlaat. Die Here het my vergeet" (Jesaja 49:14), was hulle uitroep terwyl hulle in gevoelens van hopeloosheid weggesink het en gereageer op die omstandighede wat hulle in die gesig gestaar het eerder as om aan die versekering van hoop in hul God se liefde vas te klou. 

Dit was egter juis in hierdie oomblik dat God aan hulle die belofte gegee het wat ons hierbo gelees het ... dié van 'n toekomstige Verlosser, die Messias, Jesus Christus wat die boodskap van verlossing sou bring en 'n lig vir al die nasies sou wees.

Te midde van lyding, is dit maklik om in die steek gelaat te voel. In dieselfde jaar wat my dogter haar eerste jaar van kollege sou begin, het ek ook onverwags my werk verloor. Aan die begin het ek soveel hoop gehad dat die Here sou voorsien, dat ek sommer gou weer 'n nuwe werk sou kry. Met elke maand wat egter verbygegaan het, het daardie hoop vinnig verdamp. 

Hierdie enkelma was in 'n toestand van moedeloosheid en vrees! Golwe van paniek en kommer het oor my gespoel, nie net nou-en-dan nie, maar dikwels, toe ek die begindatum vir my dogter se kollege moes heroorweeg. Ek kon nie help om te wonder hoe ek die huur gaan betaal en die baie rekeninge wat begin ophoop het. 

Ek het God se beloftes geken. Ek het dit in sy Woord gelees. Ek het dit oor-en-oor opgesê. Ek het ernstig gebid, en steeds na maande en talle onsuksesvolle werksaansoeke, het ek vasgehaak by die vraag: "Here, waarom het U my verlaat?" Ek het hoop en vertroue begin verloor in Hom, sy beloftes en sy tydsberekening.

Dit is waar God se volk hulle bevind het, en dit is waar die Here, wat hul geroep gehoor het, hulle herinner het, deur te sê: "Ek het jou naam in my handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor my" (Jesaja 49:16). Dink daaraan: gravering is permanent! Dus, selfs in tydelike probleme, vergeet die Here nooit van ons in ons tye van sukkel, siekte, werkloosheid of tekort nie. Hy sal nooit diegene wat op Hom hoop verlaat nie. 

Die vraag wat die Here aan my gestel het tydens my tydperk van werkloosheid is dieselfde vraag wat Hy ook van jou sal vra: "Sal jy jou hoop en vertroue in My plaas, die bron van alle dinge, ongeag jou omstandighede? Of is jou hoop in die hulpbron van 'n mens of 'n werk?" Wanneer ons hoop in die Here is, sal Hy ons nooit teleurstel nie. Op sy bepaalde tyd, sal sy beloftes vervul word. Hy is getrou!

Nadenke: Vra jouself af: "Is my hoop in die bron van alle dinge — Jesus Christus — of in sy hulpbronne soos 'n werk of ander mense?"

Maak dit prakties: Skryf neer wat dit is wat jou moedeloos maak en vra vir die Here om sy getrouheid te openbaar terwyl jy jou hoop in Hom opbou.

Bid: Dank die Here vir sy tydsberekening, vir sy getrouheid en sy seëninge in die wagtydperk. Vra vir Hom vir krag en 'n groter porsie geloof (Markus 9:24).

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Hope: A Study in Scripture

1 Korintiërs 13:13 sê: "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" Geloof, hoop en liefde is dié drie kenmerkende eienskappe van Jesus se volgelinge. Regdeur die Skrif word hierdie drie kenmerke saam gevind. Hierdie 12-dag leesplan vir vroue ondersoek die kern en die lewegewende krag van ons hoop in Christus Jesus.

More

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org