Trek 'n Kruis Deur AngsVoorbeeld

Putting an 'X' Through Anxiety

DAG 3 VAN 10

Jy Is Nie Gek Nie

Jy sal nooit wen nie.

Hierin is jy alleen.

Jy is besig om gek te word.

Die vyand wil hê jy moet hierdie leuens glo. Hy wil jou laat voel asof jy die enigste persoon is wat in hierdie donker gat is. Hy wil hê jy moet glo daar is geen uitkoms nie... geen einde aan hierdie ellende nie. Hy probeer jou nou, op hierdie oomblik, oortuig dat jy nooit weer normaal sal wees nie. Dat jy in werklikheid stapelgek is. 

'n Groot deurbraak in my reis na vryheid van angs was toe ek geleer het ek is nie alleen nie. 'n Vriend het my vertel van 'n pastoor, vir wie ek baie respek het, wat 'n boodskap oor sy stryd met depressie gedeel het. Op daardie stadium het ek nog nooit gehoor van iemand wat in dieselfde situasie as ek was nie.  Toe ek besef dat hierdie pastoor soortgelyke aanvanklike simptome as ek gehad het ("gekke" fisieke simptome), het 'n lagie hoop in my hart kom lê. Alhoewel dinge nie onmiddellik verander het nie, is ek getroos deur die feit dat iemand oorleef het om daaroor te praat.

Ek het nie 'n kits-ommekeer gehad nie, maar ek het uit die donker nag in die daglig gekom. Vir maande het my stryd my onbevoeg gelaat en daarna het my angs nie permanent weggegaan nie. Om die waarheid te sê, soms loer daardie sluimerende angs so 'n paar kilometer agter my oor my linkerskouer. Die verskil is, nou weet ek wat dit is en dat dit my nie gaan vernietig nie.

Ek glo, deur die kragtige Naam van Jesus, sal dit jou ook nie vernietig nie. Die duiwel mag op soek wees na 'n prooi om te verslind, maar Jesus is 'n brullende koninklike Leeu en Hy is met jou in die donker dieptes. 

Roep nou uit na Jesus. Beroep jou op sy magtige Naam. Dank Hom dat Hy by jou is. Sê vir Hom jy glo Hy kan jou weer na die lig toe lei.

As jy my sal toelaat, wil ek dit graag vandag deur hierdie gebed oor jou lewe spreek: 

Vader, ek bring my vriend wat nou hier lees na U toe, veral diegene wat voel jy kan jou nêrens heen wend nie. Ek spreek die kragtige Naam van Jesus van Nasaret oor hulle situasie uit. Skyn asseblief u waarheid deur hulle spinnerakke van wanhoop en laat hulle toe om U nou daar by hulle te sien, te midde van die duisternis. Ek dank U dat U belowe om hulle na die anderkant te lei as hulle hulle vertroue in U plaas. Jesus, U is groter as wat ook al probeer om hulle te vernietig. Bewaar. Beskerm. Wek op. Herstel. Tot u verheerliking. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Putting an 'X' Through Anxiety

Angs mag die vrees wees wat oor jou skouer loer, die bekommernis langs jou, of die vrees wat jou lewe bedreig. Vir baie mense is dit 'n kragtige reus wat jou wil laat glo dat jou lewe nooit weer normaal sal wees nie. Vir die volgende sewe dae, gaan ons na Iemand groter en kragtiger kyk — Jesus, ons groot oorwinnaar.

More

Anxiety may be the fear over your shoulder, the worry by your side, or the dread hanging over your life. For many, it's a powerful giant that would like you to believe that your life will never be normal again. Over the course of seven days, we will set our gaze on someone bigger and more powerful - Jesus, our giant slayer.