Trek 'n Kruis Deur AngsVoorbeeld
Delf tot Diep in Jou Vrees
Baie van julle baklei al jare teen die angs-reus en ly onder die verlammende impak van paniek, spanning of depressie. Ek sal 'n gek wees om te probeer om 'n eenvoudige pleister of geestelike gebrabbel voor te skryf. Terwyl ek egter aan die anderkant van hierdie dieptes sit, kan ek vir jou sê dat God nie wil hê jy moet moed verloor nie.
Gedurende my eie reis was dit belangrik om te besef dat my "angs" nie 'n ding op sy eie is nie. Inteendeel, my angs was 'n simptoom van iets anders. Ek het soms dinge vir myself gesê soos: "Ek is nie in staat om vandag werk toe te gaan nie; my angs is weer oorweldigend." Of, "Ek voel my angs aankom; ek moet liewer gaan lê."
Ek het opgetree asof angs 'n oorsaak, in plaas van 'n simptoom was.
Dit is ongelooflik frustrerend want jy kan nie aan angs raak of dit sien nie, of dit selfs goed beskryf nie. Angs in al sy vorme is vaag, troebel, onsigbaar en moeilik om neer te pen.
Iets het egter my angs veroorsaak. Soms was dit iets diep in my hart en ander kere weer sommer op die oppervlak van die lewe. Meer dikwels was dit 'n persoon. Iemand het iets gedoen of gesê wat my ontstel het, of dit was buite my gemaksone. Ek het ure daaraan gewy om die resultate te probeer beheer, gesprekke oor en oor te herhaal, situasies te probeer beheer, of om myself teen dié om my te beskerm.
Jesus bied 'n beter manier aan.
1 Petrus 5:7 nooi jou uit: "Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle." Ek hou baie van die beeld in my gedagtes waar ek my angs op Jesus plaas — ons laai alles wat ons pla op Hom.
Wanneer jy dit eers kan identifiseer, kan jy dit spesifiek op 'n betekenisvolle manier op Jesus plaas. Jy kan die gewig en bekommernisse in sy sorg oordra, wetende dat Hy vir jou omgee.
Omdat Jesus vir jou omgee, wil Hy jou sterk maak. Hy wil hê jy moet leer dat Hy in jou en deur jou sterk kan wees. Wanneer "angs" jou dus bekruip, moenie jou toestand veralgemeen nie. Stop en oordink wat dit is wat jou eintlik angstig maak. Gee dit 'n naam. Plaas dit dan op Jesus.
"Jesus, wat ______ oor my sê maak my kwaad."
"Jesus, ek is bang vir wat gaan gebeur wanneer ek in hierdie klas by die skool opdaag oor _____, ______ en ______. Hulle koggel my en laat my bang en minderwaardig voel."
"Jesus, ek is bekommerd oor my seun."
"Jesus, my besigheidsvennote, _____ en _____, probeer my inloop en wil my uit hierdie transaksie sny."
Wanneer jy dit gesê het, gee jou bekommernis vir Hom.
Wanneer jy dit gedoen het, is dit nie 'n waarborg dat jy gaan wakker word en al jou probleme weg is nie. Om vry van angs te leef gaan oor vertroue. Glo jy God kan dit doen? Glo jy Hy het jou lief en gee vir jou om? Vertrou jy Hom om in en deur die omstandighede wat jy in die gesig staar te werk en te doen wat die beste vir jou is?
Jy kry jou antwoord by die kruis, die plek waar God gewys het Hy kan uit enige situasie die goeie vir ons voortbring en ook eer aan sy Naam bring.
Rus op die kruis. Delf tot diep in jou angs. Kyk op na jou Herder. Gee jou bekommernisse vir Hom.
Aangaande hierdie leesplan
Angs mag die vrees wees wat oor jou skouer loer, die bekommernis langs jou, of die vrees wat jou lewe bedreig. Vir baie mense is dit 'n kragtige reus wat jou wil laat glo dat jou lewe nooit weer normaal sal wees nie. Vir die volgende sewe dae, gaan ons na Iemand groter en kragtiger kyk — Jesus, ons groot oorwinnaar.
More