Trek 'n Kruis Deur AngsVoorbeeld
![Putting an 'X' Through Anxiety](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19132%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Laat Gaan en Haal Asem
Wanneer jy tot stilstand kom en daaroor nadink, is dit 'n wonder dat ons nie almal op 'n hoop in die hoek van die kamer lê nie, gegewe die dinge wat in die wêreld om ons gebeur. Voeg daarby die uitdagings wat ons in ons persoonlike wêreld in die gesig staar en jy het 'n resep vir bekommernis, vrees, en in die ergste gevalle, 'n totale senuwee-ineenstorting. Dit is maklik om te vergeet ons is nie in beheer van die heelal nie en ons loop die risiko om onder die gewig van al hierdie dinge ineen te stort.
Enige plek waarheen jy jou wend om hulp met angs, sal jy 'n paar algemene temas kry. Een daarvan is om beheer oor te gee — om die knie te buig en aan God te erken dat ons probeer om ons lewens self te bestuur.
Om dit te erken beteken nie dat ons wegskram van ons verantwoordelikhede nie, of dat ons nie in geloof bid en glo dat God enige nasie of geskiedenis kan verander nie. Om te erken ons is nie in beheer nie, laat ons eerder toe om te onthou wie dit is wat ons van die dood na die lewe in Christus gebring het. Dit help ons om in pas te kom met die werklikheid dat Hy eintlik in beheer van hierdie wêreld is.
Kom ons doen dit nou. Dra die beheer aan Hom oor. Bid en doen wat jou hand vind om te doen. Laat die res aan Hom oor, wetende dat dit is wanneer jy rus sal vind.
'n Ander tema is om diep asemteue te neem. Jy mag die aanmoediging hoor om tot stilstand te kom en net 'n paar keer diep asem te haal wanneer jy begin paniekerig raak. Dit is omdat die "veg of vlug" reaksie, wat jou van skade wil weerhou, geaktiveer word wanneer jy voel jy word bedreig (in werklikheid of in jou verbeelding). Wanneer dit gebeur, haal jy vlakker asem of jy hou onwetend heeltemal op om asem te haal.
Om jou asemhaling weer aan die gang te kry, het 'n kalmerende effek. Die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs Groep (SADAG), (ja, ons het so iets) stem saam met hierdie siening: "Diep asemhaling vermeerder die toevoer van suurstof na die brein en stimuleer die parasimpatiese senuweestelsel, wat kalmering bevorder. Asemhalingstegnieke help jou om in voeling met jou liggaam te wees — dit neem jou gedagtes weg van die bekommernisse in jou kop en maak jou gedagtes rustig."
Dit is God wat aan ons ons eerste asemteug gegee het en dit is God wat aan almal asem gee (Handelinge 17:25). Dit is dus God wat die asemhaling kalmeer van hulle wat onder die gewig van bekommernisse verkrummel. As jy vry van angs wil wees, sal jy moet leer om diep fisieke en ook dieper geestelike asemteue te gee.
Asem uit: Ek kan nie.
Asem in: Jesus, U kan.
Wanneer ons diep asemhaal, onthou ons die ander deel van die Evangelieverhaal. Christus lewe om in ons te wees en te doen wat ons nie in ons eie krag kan doen nie.
By die afsluiting van ons sewe-dag reis, wil ek graag die eer hê om vir jou te bid.
Vader, dankie vir elke persoon wat die reis deur hierdie leesplan voltooi het. Dankie dat U hulle die krag gegee het om dit tot die einde deur te voer, veral diegene wat bang was hulle sou moed opgee en nie tot hier vorder nie. Ek bid dat U sal aanhou om deur u Gees oë oop te maak sodat ons elkeen vir Jesus duideliker kan sien. Ek vra dat U elke persoon die geloof sal gee wat hulle nodig het om die volgende tree deur u krag te neem. U het elke ketting gebreek wat ons bind. Gee ons die genade om onsself in die lig van u waarheid en liefde te klee. Jesus, ons bely dat U die Here bo almal is. Ons prys U terwyl ons aan U vashou en vry van angs kan wegstap. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
![Putting an 'X' Through Anxiety](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19132%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Angs mag die vrees wees wat oor jou skouer loer, die bekommernis langs jou, of die vrees wat jou lewe bedreig. Vir baie mense is dit 'n kragtige reus wat jou wil laat glo dat jou lewe nooit weer normaal sal wees nie. Vir die volgende sewe dae, gaan ons na Iemand groter en kragtiger kyk — Jesus, ons groot oorwinnaar.
More
Verwante Leesplanne
![Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19224%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese
![Om op God te Wag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20231%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om op God te Wag
![Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19374%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis
![Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24127%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen
![Hantering van Onsekerheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21299%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hantering van Onsekerheid
![Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy Verskil](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20037%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy Verskil
![Beter As Normaal](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22106%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Beter As Normaal
![Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54537%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)