Trek 'n Kruis Deur AngsVoorbeeld
![Putting an 'X' Through Anxiety](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19132%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Sê Hallo vir My Reuse Oorwinnaar
Elke persoon se angs is ingewikkeld en uniek, maar ons almal het vandag dieselfde hoop — dat God vir ons veg.
Om bevry te word van paniekaanvalle, depressie, vrees, en bekommernis is 'n proses, een met baie draaie. Die sleutel tot 'n lewe wat van angs bevry is, is egter nie 'n plan nie, dis 'n Persoon.
Jou hoop is op Jesus, die skape se groot Herder. Hy is die weg, die waarheid, en die lewe. Hy nooi jou om Hom toe te laat om jou te lei deur dit wat jy ook al in hierdie wêreld beleef.
God verstaan dat ons spanning in hierdie lewe sal ervaar. Vele plekke in die Skrif verwys direk na angs, en honderde meer na vrees en bekommernis. Hoekom? Die rede is omdat mense nog altyd angstig was.
Psalm 23 is waarskynlik die bekendste gedeelte in die Bybel. Die kern van hierdie Psalm is 'n buitengewone aanbod van God — dat Hy ons deur elke tydperk sal lei en ons gids sal wees. God belowe spesifiek dat Hy ons deur donker dieptes sal lei, daardie donker plek waar ons twyfel aan alles wat goed is en elke moontlike negatiewe uitkoms vrees.
Terwyl Dawid Psalm 23 geskryf het, het hy lewensbedreigende gevaar in die gesig gestaar, maar hy het sy Herder vertrou. Hy beskryf dit so: "Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig" (vers 4).
Ken jy sulke donker dieptes?
Voel jy afgesonder en alleen, asof niemand die verpletterende las waaronder jy gebuk gaan, of die vyand wat jy vrees, verstaan nie?
Of is jou omstandighede nie so presies afgebaken nie — dalk 'n onheilswolk wat moeilik is om te beskryf. Dit sak op jou beste bedoelinge neer en verander jou lewe in 'n dynserige mis van verwarring?
As dit so is, bied God aan om saam met jou deur jou omstandighede te gaan. Hy lei jou nie na jou omstandighede nie, maar Hy belowe om jou DEUR dit te lei. Hierdie huidige stryd sal nie jou einde wees nie. Jou hoop is op Jesus.
Dit mag dalk simplisties of eenvoudig klink. Tog, in 'n wêreld waar daar oral kitsoplossings is, kom staan ons God wat in die hemel is voor ons en Hy bied aan om ons herder te wees, in watter omstandighede ons ook al is.
Jesus bied aan om jou te lei, vir jou te voorsien, om jou te beskerm en te bewaar deur die donkerste dieptes en die mees veeleisende nagte. Ek nooi jou om jou nou op Hom te beroep, hardop.
Jy mag voel asof God miljarde kilometers ver is. Jy mag glo dat jou stem nie eens deur die mure van die kamer waarin jy is, sal kom as jy na Hom sou roep nie. Die naam van Jesus het egter krag. Roep nou na Hom. Vertel Hom dat jy Hom nie kan sien nie, maar jy het gehoor Hy is naby. Vra Hom om by jou te talm, waar jy in 'n put van depressie is, en jou deur jou angs te lei. Wees eerlik met Hom en vra dat Hy sy lig in jou duisternis sal skyn.
Jy mag dalk nie weet hoe Hy dit gaan doen nie, maar in geloof weet jy, Hy sal dit doen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Putting an 'X' Through Anxiety](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19132%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Angs mag die vrees wees wat oor jou skouer loer, die bekommernis langs jou, of die vrees wat jou lewe bedreig. Vir baie mense is dit 'n kragtige reus wat jou wil laat glo dat jou lewe nooit weer normaal sal wees nie. Vir die volgende sewe dae, gaan ons na Iemand groter en kragtiger kyk — Jesus, ons groot oorwinnaar.
More
Verwante Leesplanne
![Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19224%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese
![Om op God te Wag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20231%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om op God te Wag
![Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19374%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis
![Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24127%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen
![Hantering van Onsekerheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21299%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hantering van Onsekerheid
![Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy Verskil](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20037%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy Verskil
![Beter As Normaal](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22106%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Beter As Normaal
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54537%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)