Vryheid van SondeVoorbeeld
Weerwraak met Sonde
Die ou wet van ''n oog vir 'n oog" laat almal blind. Dis altyd die regte tyd om die regte ding te doen. — Martin Luther King, jr.
Wraak is soet vir ons vlees. Ons wil wraak neem wanneer iemand ons seergemaak of te nagekom het. Ons wil hulle terug kry sodat hulle kan voel hoe dit voel, dus doen ons iets aan hulle in die hoop dat ons verligting sal ervaar.
Neem as voorbeeld, 'n getroude paartjie. Die een huweliksmaat doen iets om die ander seer te maak. Dit kan dalk kras woorde gedurende 'n woordewisseling wees of dit kan huweliks-ontrouheid wees. Die ander huweliksmaat het 'n keuse hoe om te reageer. Daardie persoon kan genade betoon en vergewe; of kan afbrekende woorde uiter; of die vertroue verbreek, want dit is dan wat aan hom of haar gedoen is!
Mense voel maar selde beter wanneer hulle hul wraak geneem het. Al wat dit doen, is om 'n onversadigbare drang na meer wraak aan te wakker. Wanneer ons toelaat dat iemand anders se sonde teenoor ons bepaal of ons op ons beurt gaan sondig, gee ons aan húlle beheer oor óns keuses. Weerwraak met nog meer sonde maak eerstens God se hart seer.
Die bose kringloop werk soos volg: iemand maak ons seer, ons maak hulle terug seer deur ons sonde, ons sondig teen God, en dan is daardie persoon dalk seergemaak. Daar is egter geen waarborg dat ons weerwraak die persoon wat ons in gedagte het, gaan seermaak nie, maar dit sal altyd teen ons God se wil wees.
Ons mag dink deur te daal na die vlak van die persoon wat ons seergemaak het, gaan ons troos vind. Dit gebeur nooit nie. Om sake te vererger, weet ons dat God nie tevrede is nie, want Hy verwag 'n hoër standaard van ons. In plaas van weerwraak, kan ons vir onsself sê: “Ek gaan nie wraak neem nie, want ek wil nie teenoor God sondig nie.” Kom ons laat ons liefde vir en toewyding aan God ons weerhou van weerwraak met meer sonde.
Ons almal gaan maar deur iets op enige gegewe tyd in ons lewens. Dinge wat baie pyn veroorsaak, sodat ons dinge doen wat ons nie gedink het ons ooit sou doen nie. Soms moet ons maar net wegstap, vergewe en bid vir die persoon wat ons seergemaak het. Teenoor hulle wat ons koester en met wie ons ons lewens deel, is dit ons keuse om empatie en genade te betoon, want dit sal ons harte van goedheid vol maak vir die mense wat God so baie liefhet.
Bepeins
- Is jy geneig tot wraaksug? Hoekom of hoekom nie?
- Dink aan 'n keer toe jy wraak geneem het deur nog meer sonde te doen. Bely dit en vra vir God om jou krag te gee om volgende keer genade te betoon.
Aangaande hierdie leesplan
Almal maak foute. Die meeste mense hou egter nie daarvan om hul foute "sondes" te noem nie, selfs al is dit presies wat dit is. In hierdie leesplan gaan ons leer wat sonde is, hoekom ons dit doen, en hoe ons kan kies om anders te leef. Ons kan vasstaan in die hoop dat, ongeag wat ons ook al in ons lewens gedoen het, is daar geen sonde wat God nie sal vergewe nie.
More