Vreugde: 'n Aftelling tot by KersfeesVoorbeeld

Joy: A Countdown to Christmas

DAG 5 VAN 7

Vreugde As Jy Swaarkry

Het jy al ooit gedink dat die lewe nie regverdig is nie?

Maria se niggie, Elisabet, kon haarself daarmee vereenselwig. Vir jare lank was dit nie vir haar en haar man, Sagaria, moontlik om kinders te hê nie. Selfs al was hulle 'n eerbare paartjie en het hulle God se voorskrifte getrou gevolg. In daardie dae was dit as 'n skande beskou om onvrugbaar te wees. Stel jou die pyn en verwarring voor wat hulle moes deurmaak toe hulle besef het hulle sal nooit 'n kind kon hê nie.  

Uiteindelik, toe sy al oud was, het Elisabet geboorte gegee aan 'n seun wat die mense van Israel moes voorberei vir die Verlosser van die wêreld. Wat hulle nie in die vroeër jare van teleurstelling geweet het nie, was dat God die voorbereiding gedoen het om húlle hartseer te verander in 'n rede vir die moeë wêreld om te juig.  

Beproewings is nie iets om ligtelik op te neem nie. Omdat Jesus aarde toe gekom het, kan ons vertrou dat ons verhale nie met lyding sal eindig nie. God verstaan jou moeilikhede baie goed en sal jou nie onnodig laat ly nie. 

Terwyl jy jou hart vir Kersfees voorberei, gebruik 'n oomblik om na te dink oor die kere toe God jou in jou moeilike tye versterk het. Wees bly dat die Verlosser jou persoonlik ken en empatie met jou lyding het. Vra God om jou te wys hoe Hy jou beproewinge gebruik tot sy eer en vir jou beswil. 

Bid hierdie Gebed:

Here God, in elke tydperk is ek dankbaar dat niks vir U onmoontlik is nie. Die moeilikhede wat ek ondervind, is pynlik, maar ek is dankbaar dat dit net tydelik is in vergelyking met die ewige heerlikheid wat U vir my voorberei. Wanneer ek oorweldig voel deur die lewe se stryd, gee my asseblief u perspektief en help my om die vreugde te sien wat in die vooruitsig is. Ek het U lief, en vandag kies ek om U te aanbid.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Joy: A Countdown to Christmas

Kersfees is veronderstel om 'n tyd van vreugde te wees, maar wat is vreugde nou eintlik en hoe kies jy dit as die wêreld vol hartseer en moeilikhede is? Ontdek wat "vrede op aarde" regtig beteken, deur jou in die Kersverhaal te verdiep met hierdie spesiale 7-dag Kersfees leesplan.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is ontwikkel en verskaf deur YouVersion.