Vreugde: 'n Aftelling tot by KersfeesVoorbeeld

'n Kosbare Geskenk
Toe die wyse manne uit die ooste gekom het om Jesus te aanbid, het hulle duur geskenke van goud, wierook en mirre saam met hulle gebring.
Verbeel jou die verleentheid as Maria en Josef gesê het: "Ons waardeer die gedagte, maar hierdie geskenke is net te goed vir ons, dus kan ons dit nie aanvaar nie."
Dit klink belaglik, en tog is dit maklik om so te reageer wanneer God ons wil seën.
Wanneer ons Jesus as ons Here en Verlosser aanvaar, gee Hy vir ons sy Heilige Gees, wat goeie vrugte in ons lewens voortbring en ons meer soos Hy maak. Vreugde is een van daardie geskenke.
Ongelukkig mis ons dikwels vreugde, omdat ons dinge doen wat nie tot eer van God is nie of omdat ons onsself onwaardig ag vir Christus se liefde. As jy egter vir Christus toelaat om jou hart en gedagtes te verander, begin jy jouself sien soos Hy jou sien: deur Hom geroep en gered deur sy bloed. Soos jy vir Jesus liewer word, begin jy sy geskenke begeer en oneerbiedige gedrag word minder aanloklik.
Onthou vandag dat God jou meer liefhet as die lewe self: dis hoekom Hy lank gelede gekies het om as 'n baba aarde toe te kom. Daar is niks wat Hy nie sal doen om jou nader aan Hom te trek nie.
Dis as gevolg van Kersfees dat jy die grootste geskenk van alle tye kan aanvaar: die vreugde wat kom as jy Jesus Christus as Verlosser, Here en geliefde van jou lewe ken.
Bid hierdie Gebed:
Dankie Here, vir die geskenk van Jesus en die vrug van die Heilige Gees. Dankie dat U as 'n baba aarde toe gekom het sodat ek die ewigheid saam met U kan deurbring. Vandag, en elke dag, kies ek om U met vreugde te aanbid, omdat ek U liefhet.
Aangaande hierdie leesplan

Kersfees is veronderstel om 'n tyd van vreugde te wees, maar wat is vreugde nou eintlik en hoe kies jy dit as die wêreld vol hartseer en moeilikhede is? Ontdek wat "vrede op aarde" regtig beteken, deur jou in die Kersverhaal te verdiep met hierdie spesiale 7-dag Kersfees leesplan.
More
Verwante Leesplanne

Bid Met Verwondering Deur Kersfees

Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis

Maak 'n Kopskuif

Om op God te Wag

Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese

Beter As Normaal

Lewende Hoop: 'n Aftelling tot Paasfees

Gewaagde Gebede

Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy Verskil
