God By OnsVoorbeeld
![God With Us](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17499%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Immanuel
Wat 'n wonderwerk dat die God van die heelal besluit het om as 'n baba aarde toe te kom — soveel grootheid en nederigheid alles in een. Dis maklik om dit te bevraagteken en dis presies wat Maria gedoen het toe die engel Gabriël haar gegroet het met die nuus dat sy aan die Seun van God geboorte sou skenk.
Gabriël reageer as volg in Lukas 1:35 (NLV): “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou toevou. Daarom sal die kind wat gebore word, heilig en die Seun van God genoem word.”
Meer as 600 jaar voor hierdie merkwaardige gesprek, het die profeet Jesaja dieselfde nuus oor die maagdelike geboorte aangekondig en verklaar dat die seun Immanuel genoem sal word, wat as dit vertaal word "God by ons" beteken. Hiermee het Jesaja die wie en wat van Jesus se geboorte voorspel, maar dit was Gabriël wat die nuus gebring het hoe: “Die Heilige Gees sal oor jou kom … en daarom sal die kind wat gebore word, heilig en die Seun van God genoem word”.
Terwyl ons oor die wonderwerk nadink dat "God by ons" is, deur die krag van die Heilige Gees wat oor Maria gekom het, onthou om bly te wees dat die Heilige Gees deur Jesus steeds vandag vir ons beskikbaar is. Toe Jesus sy dissipels voorberei het vir sy vertrek uit hierdie wêreld, het Hy hulle vertel dat dit eintlik goed vir hulle is dat Hy weggaan, want dan sal hulle die gawe en die krag van die Heilige Gees ontvang. Jy sien, op aarde was Jesus ten volle God en ten volle mens — Hy kon net op een plek op 'n slag wees. Deur die krag van die Heilige Gees egter, het elkeen van ons altyd toegang tot Hom, waar ons ook al is!
Die Heilige Gees het vir Jesus in Maria verwek en dit sodoende moontlik gemaak vir Hom om by ons op aarde te wees — Hy is dieselfde Gees wat Jesus gesê het in sy plek sal kom om vir altyd by ons te wees. Toe die Vader sy Seun deur die krag van die Heilige Gees gestuur het, het Hy 'n permanente teenwoordigheid geskep en bevestig vir almal wat Hom "Here" noem.
Laat die krag van die gawes wat God lank gelede in beweging gebring het, hierdie Kersfees in jou hart weerklink. Of jy nou feesvier met geskenke en 'n ete saam met geliefdes, of as jy jouself in 'n plek van rou bevind, weet dat Immanuel vir jou gekom het. Hy het nie slegs gekom om 'n krip, 'n kruis of 'n graf te beset nie — Hy het gekom om deur die oneindige krag van sy Heilige Gees in jou hart te leef. Die gawe van Kersfees was nog altyd vir jou bedoel en Hy is altyd by jou!
Gebed: Vader, dankie dat U u Seun aarde toe gestuur het en so vir my 'n geskenk gegee het om hierdie Kersseisoen te vier. Dit laat my klein voel om te weet dat U my so liefhet dat U altyd by my wil wees. Heilige Gees, help my om altyd te onthou, waar ek ook al is, is U by my.
Aangaande hierdie leesplan
![God With Us](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17499%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Kersfees is 'n tyd van groot vreugde, wat die geboorte van Jesus, ons Verlosser aankondig. Daar is verskeie profesieë regdeur die Bybel wat handel oor die koms van Jesus en in hierdie leesplan gaan ons na sewe name kyk wat God in die Skrif gebruik om sy koms aan te kondig. Ons gaan ontdek hoe Jesus aan elkeen gestalte gee en dat hulle vandag nog steeds so toepaslik is as toe Hy op die aarde gewandel het.
More
Verwante Leesplanne
![Bid Met Verwondering Deur Kersfees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21993%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Bid Met Verwondering Deur Kersfees
![Vreugde: 'n Aftelling tot by Kersfees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17630%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Vreugde: 'n Aftelling tot by Kersfees
![Om op God te Wag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20231%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om op God te Wag
![Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19374%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis
![Gewaagde Gebede](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18063%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Gewaagde Gebede
![Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19224%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese
![Maak 'n Kopskuif](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18084%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Maak 'n Kopskuif
![Beter As Normaal](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22106%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Beter As Normaal
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)