God By OnsVoorbeeld

God With Us

DAG 2 VAN 7

Wonderbare Raadsman

In Jesaja word na Jesus verwys as ons Wonderbare Raadsman en regdeur die Nuwe Testament sien ons dat sy bediening dit ondersteun. Jesus het nie slegs hoop en genesing gebied in plekke wat sosiaal aanvaarbaar was, soos sinagoges nie. Hy het sy bediening na die strate geneem en die verlorenes uitgesoek, na dié wat in pyn verkeer het en die gebrokenes, veral dié wat deur die samelewing verwerp was. Wat 'n seën dat ons 'n Wonderbare Raadsman het wat na ons toe kom daar waar ons is.

Ons word ook herinner dat Jesus in elke opsig versoek was, net soos ons — maar Hy het nooit gesondig nie. Ten volle bewus van die pyn en bespotting wat sou kom, het God nogtans mens geword en gekies om elke aspek van die lewe vir Homself te ervaar. In Jesus het ons nie net iemand wat meegevoel het met ons worstelstryd nie, maar iemand wat altyd bereid is om saam met ons daardeur te gaan.

Net soos om wyse raad egter van 'n mentor of vriend te soek 'n vlak van eerlikheid en nederigheid verg, vereis God dat ons eerlik moet wees en onsself moet verootmoedig terwyl ons ons laste vir Jesus gee. Wanneer ons dit doen, ontvang ons meer as net goeie raad — ons sal groei, genesing en oorwinning ervaar wat slegs in Hom te vinde is.

Wanneer ons Kersfees vier, laat ons onthou dat ons nie die lewe alleen hoef aan te durf nie. Wy tyd aan Jesus en wees eerlik met Hom, ons Wonderbare Raadsman. Soek Hom in die Woord van God en wees verseker dat Hy getrou is en nader aan jou sal kom. In Hom sal jy wysheid, onderskeiding en openbaring vind — daar is geen antwoord wat nie by Jesus gevind kan word nie!

Gebed: Jesus, baie dankie dat U aarde toe gekom het en elke versoeking trotseer het en sodoende presies weet waarmee ek te doen het. Ek is so dankbaar dat ek met enigiets na U toe kan kom. Dankie dat U my siel geskape het en dit versorg. Help my om alles voor U te lê en U te vertrou terwyl U saam met my deur elke situasie gaan. Dankie dat U my Wonderbare Raadsman is.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

God With Us

Kersfees is 'n tyd van groot vreugde, wat die geboorte van Jesus, ons Verlosser aankondig. Daar is verskeie profesieë regdeur die Bybel wat handel oor die koms van Jesus en in hierdie leesplan gaan ons na sewe name kyk wat God in die Skrif gebruik om sy koms aan te kondig. Ons gaan ontdek hoe Jesus aan elkeen gestalte gee en dat hulle vandag nog steeds so toepaslik is as toe Hy op die aarde gewandel het.

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://www.churchofthehighlands.com