God By OnsVoorbeeld

God With Us

DAG 3 VAN 7

Magtige God

Die woorde van die profeet Jesaja het in 'n baba begin vorm aanneem. Jesus, voorspel as Magtige God, was op pad aarde toe en sy krag sou alles verander.

Jesus het 'n groot aantal wonderwerke verrig — Hy het sig aan die blindes gegee, storms stil gemaak met 'n woord, en selfs dooies opgewek. Hy besit meer krag, sterkte en wysheid as wat ons ons kan voorstel — Hy was en is werklik oppermagtig.

Die wonder van Jesus se krag was nie beperk tot Homself nie. Aan sy dissipels het Jesus gesê: “Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan” (Johannes 14:12).

Watter groter dinge het Hy moontlik in gedagte gehad waartoe ons in staat kan wees?

Petrus, een van Jesus se getroue navolgers, het drie maal ontken dat hy Jesus ken, tog gebruik God hom steeds om 'n herlewing op Pinkster te verkondig waar 3 000 siele gered is. Paulus was een van die ergste vervolgers van die Christene, tog verlos God hom en gebruik Hy hom om die evangelie oor die res van die wêreld te versprei.

Alhoewel fisieke wonderwerke ongelooflik was en beslis nog steeds by God moontlik is, hoe wonderlik dat Hy ons geroep het vir die werk om mense se oë te open vir die ewige hoop en vrede wat ons in Jesus het. Jesus het sy dissipels opdrag gegee om die evangelie te versprei en dit geld vandag steeds vir ons.

Kom ons dink hierdie Kersfees weer aan die krag wat ons besit deur Jesus — dat deur Hom ons die ewige lewe ontvang en dat dieselfde krag wat Jesus uit die dood uit opgewek het, lewendig in ons is. Wees bemoedig, God wil nie slegs kragtig in jou lewe beweeg nie, Hy wil ook kragtig deur jou beweeg om ander te bereik. Hoe klein laat dit ons voel dat die God van die heelal besluit het om ons te gebruik om sy koninkryk uit te brei!

Gebed: Dankie Vader dat U ons so lief het en dat U ons gekies het om aan u koninkryk te help bou. U Woord sê dat u magtige krag werksaam is in my. Help my Here, om altyd meer te bereik as wat ek my kan voorstel deur u magtige Naam.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God With Us

Kersfees is 'n tyd van groot vreugde, wat die geboorte van Jesus, ons Verlosser aankondig. Daar is verskeie profesieë regdeur die Bybel wat handel oor die koms van Jesus en in hierdie leesplan gaan ons na sewe name kyk wat God in die Skrif gebruik om sy koms aan te kondig. Ons gaan ontdek hoe Jesus aan elkeen gestalte gee en dat hulle vandag nog steeds so toepaslik is as toe Hy op die aarde gewandel het.

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://www.churchofthehighlands.com