Gestremdheid in die Bybel: Lewenslesse vir ons AlmalVoorbeeld

Disability in the Bible: Life Lessons for Us All

DAG 6 VAN 6

Bartimeus en Voorspraak

Jy is té lawaaierig. Jy is net té te veel, té behoeftig. Jy is nie die moeite werd nie. 

Soms is jy nie die een wat jouself diskwalifiseer nie. Soms kom die stemme van negatiwiteit en nederlaag van eksterne kragte. Ander mense wil hê jy moet stil wees en voorgee dat alles reg is. Hulle verwag dat jy tevrede moet wees met jou huidige omstandighede. Hulle wil hê jy moet stilbly. 

Jesus het ons egter nie geskape om stil te wees in tye van nood nie. Hy wil hê dat ons Hom aanroep en uitroep om hulp (hetsy daardie hulp van Hom, familie, geestelike mentors of beraders kom). Die blinde Bartimeus het hierdie waarheid begryp en 'n kragtige voorbeeld vir ons gestel om te volg. 

Toe Jesus 'n dorpie verlaat, het 'n groot groep mense Hom gevolg. Hulle het verby 'n man genaamd Bartimeus geloop wat aan die kant van die pad gesit en vir aalmoese en genade gebedel het. Stel jou voor dat jy nie toegelaat word om iets in jou gemeenskap te doen nie omdat jy blind is. Dit was waar Bartimeus homself bevind het. Toe hy hoor dat Jesus naby was, het hy begin uitroep en Jesus gevra om hom te genees. 

Weet jy wat het die mense in die groep gedoen? Hulle het hom gevra om stil te bly! 

Al wat Bartimeus gedoen het, was om harder te roep. Skree! 

Ek ís nie te veel om te hanteer nie. Ek het net soms óók hulp nodig. My behoeftes verdien óók om aangehoor te word. Ek ís lawaaierig en kan nog méér lawaaierig word. Jesus! Jesus! Jesus! 

Jesus eer dié wat Hom aanroep en Hy hoor jou uitroepe. Jesus het vir Bartimeus gehoor en sy behoefte is vervul. Jesus het hom genees. 

Is dit nodig vir mense om na jou te kyk wanneer jy praat of om iets neer te skryf om met jou te kan kommunikeer? Vra. Het jy meer hulp en ondersteuning nodig in jou klasse en akademiese werk? Vra. Het jy gebed nodig? Ekstra ondersteuning? Enige iets anders? Vra. 

Roep harder. Moenie toelaat dat ander jou stilmaak wanneer jy uitroep vir die hulp wat jy benodig nie. Hou aan vra tot jy iemand vind wat bereid is om die wet van Christus na te kom en sal uitreik om jou te help om jou las te dra as dit te swaar word vir jou. Hou aan na God en sy mense uitreik, totdat jou stem gehoor word. 

Oordink: Is daar iets wat jy benodig, maar jy is te bang dit sal "te veel" wees indien jy sou waag om te vra? Praat eerstens met God daaroor en vra Hom om jou te help. Oorweeg dan of daar iemand anders is vir wie jy vir hulp sou kan vra. Op watter manier kan jy só voorspraak maak vir jouself dat jy gehoor sal word? 

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Disability in the Bible: Life Lessons for Us All

Die Bybel is vol van navolgenswaardige mense, sommige ook gestremd. Verteenwoordiging is belangrik en die Here verstaan dit! Indien jy of iemand vir wie jy lief is met 'n gestremdheid of andersheid saamleef, mag hierdie leesplan jou insig gee in die manier waarop God kies om verskille van enige aard te gebruik ten einde sy wil te bereik. Lees verder om van vyf anderse en gestremde persone in die Bybel te leer.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/