Gestremdheid in die Bybel: Lewenslesse vir ons AlmalVoorbeeld

Disability in the Bible: Life Lessons for Us All

DAG 2 VAN 6

Moses en Roeping

Ek is …

Nie geskik nie — nie geskik of toegerus vir 'n spesifieke doel nie 

Gebrekkig — skiet te kort in een of ander opsig; nie op standaard nie 

Middelmatig — gemiddeld; nie baie goed nie 

Nie goed genoeg nie.  

Wees realisties. Jy kan in die gewoonte verval om na jouself as enige van die bogenoemde te verwys. Nietemin, raai wat sê die Here van jou? 

Jy is … 

Geroep — geskep vir 'n spesifieke taak of werk wat spesifiek net vir jou bedoel is 

Uitverkore — bedoel om te wees; gesien as iemand met 'n doel en wat hoog geag word

Bevoeg — saam met God en die gemeenskap. 

God kies en roep almal vir 'n spesifieke doel. Toe Hy jou gevorm het in jou moeder se skoot, het Hy jou met sorg en 'n spesifieke doel gevorm; gedagtig aan die planne wat Hy vir jou in die vooruitsig het. 

Soms laat ons egter toe dat ons innerlike, kritiese stem harder praat as God se waarheid. 

Moses het dieselfde probleem gehad. Ja, Moses — die man wat die Farao aangevat het, die Rooisee geskei het, die Tien Gebooie oorgeskryf het — het gesukkel om in sy roeping te glo en dit te aanvaar. 

Moses het 'n spraakgebrek gehad. Hy het erg gestotter en gehakkel. Indien Moses vandag sou leef, sou hy baie ure in spraakterapie moes deurbring. Hy sê van homself: "... ek kan nie goed praat nie ... Ek praat swaar, en my tong sukkel" (Eksodus 4:10). 

Toe God vir Moses vra om Egipte toe te gaan om die Hebreeuse volk te lei, was Moses bekommerd oor sy welsprekendheid en hoe hy sou praat. Hy het gefokus op sy bekommernisse en wat hy as 'n gebrek beskou het — en dit terwyl God hom in die eerste plek so geskape het (Eksodus 4:11). 

'n Pretfeit: Wanneer God jou roep, onthou Hy hoe Hy jou geskape het. 

'n Bonus pretfeit: Elkeen van ons is deur God geroep om die goeie werk te doen wat Hy vir ons beplan het. 

Jy is dus geroep. Geroep om die liefde en krag van Christus deur jou lewe te toon, op maniere soos net jy kan. Indien jy geroep is, is jy gekwalifiseerd. Hou op om jouself te diskwalifiseer. Hou op om toe te laat dat ander jou op grond van jou andersheid diskwalifiseer. Begin onthou wie God sê jy is. 

Oordink: Wanneer is jy geneig om jouself te diskwalifiseer om 'n goeie werk vir God te doen? Wanneer is jy geneig om ander te diskwalifiseer? Hoe kan jy begin om eerder jouself en ander deur God se oë te sien? 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Disability in the Bible: Life Lessons for Us All

Die Bybel is vol van navolgenswaardige mense, sommige ook gestremd. Verteenwoordiging is belangrik en die Here verstaan dit! Indien jy of iemand vir wie jy lief is met 'n gestremdheid of andersheid saamleef, mag hierdie leesplan jou insig gee in die manier waarop God kies om verskille van enige aard te gebruik ten einde sy wil te bereik. Lees verder om van vyf anderse en gestremde persone in die Bybel te leer.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/