Gestremdheid in die Bybel: Lewenslesse vir ons AlmalVoorbeeld

Disability in the Bible: Life Lessons for Us All

DAG 3 VAN 6

Mefiboset en Insluiting

Ek is … 

Uitgesluit. 

Anders. 

Ongenooid. 

Alleen. 

Jesus was en is nog altyd ernstig oor insluiting. Wanneer ons kyk na die Skrif, die Woord van God, is die impuls vir en aanmoediging tot insluiting baie duidelik. 

Dit is egter nie hoe ons altyd voel nie. Jy voel moontlik uitgesluit by die skool of werk. Jy voel geïsoleerd van die kerk. Jy voel soos 'n uitgeworpene en asof daar nie plek vir jou is nie. 

Die Bybel gebruik 'n man genaamd Mefiboset, wat as gevolg van 'n gestremdheid na 'n ongeluk in sy kinderjare nie kon loop nie, as voorbeeld vir die noodsaaklikheid van insluiting en die belangrikheid van liefde in God se koninkryk. 

Ten einde Mefiboset se storie te verstaan, moet ons by Dawid begin — wat julle as skaapwagter, musikant of oorwinnaar oor die reus Goliat sal ken. Hy is as die koning van Israel gesalf, maar dit het hom 'n lang tyd geneem om uiteindelik in die paleis te beland. As't ware sou Dawid nooit eens oorleef het was dit nie vir sy beste vriend, Jonatan, wat sy lewe gered het nie. 

Nadat hy uiteindelik koning geword het, het Dawid navraag gedoen of daar iemand van Jonatan se familie oorleef het aan wie hy sy liefde kon bewys. 'n Slaaf vertel toe vir Dawid dat Jonatan een oorlewende seun het, Mefiboset, wie se voete beide gebreklik was as gevolg van 'n besering in sy kinderjare. Dawid het nie die feit dat Mefiboset 'n gebrek gehad het as van belang geag nie. Hy het gekies om sy vriend se seun (en sy nasate) te eer deur hulle toe te laat om gereeld aan die koning se tafel te eet.

Liefde het vir Dawid blind gemaak vir die feit dat dit nie gebruiklik was vir 'n koning om saam met 'n gestremde persoon te eet nie, en hy het sy beste vriend se kind mildelik geëer. Liefde (deur Jesus) maak God ook blind vir ons tekortkominge en onvolmaakthede. Jesus se volgelinge word beveel om dieselfde te doen. 

In wese, is insluiting eenvoudig om uit te reik en liefde aan almal te bewys. Dit is om seker te maak dat daar nog ruimte vir selfs nog mense is, aan watter tafel jy ook al eet. 

Miskien is jy die een wat uitgesluit word. Miskien is jy die een wat oplet dat uitsluiting plaasvind. Onthou jy vir Bartimeus? Neem 'n bladsy uit sy boek; verhef jou stem. Maak mense bewus van die aangeleentheid en maak voorspraak dat meer plek aan die tafel ingeruim word. 

Dawid wou barmhartigheid aan Mefiboset bewys om Jonatan se onthalwe (2 Samuel 9:1). Wie bewys barmhartigheid om Jesus se onthalwe? 

Gaan vind die mense wat blindelings, vreesloos en vrylik liefhet. Omdat jy deel is van God se koninkryk en familie, en daar is mense, net soos koning Dawid, wat ruimte aan hul tafel het vir almal. 

Gebed: Vader, dankie dat U plek maak aan u tafel vir almal wat u Seun liefhet. Help my om ook dieselfde te doen. Help my om eerste lief te hê, omdat U eerste liefgehad het — selfs voor iemand U geken het. Help my om met oop oë te leef, sodat ek diegene sal sien wat uitgesluit voel, en help my om u liefde aan hulle te bewys. Dankie Here, dat liefde alle wonde genees — selfs dié wat veroorsaak word deur verwerping en uitsluiting. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Disability in the Bible: Life Lessons for Us All

Die Bybel is vol van navolgenswaardige mense, sommige ook gestremd. Verteenwoordiging is belangrik en die Here verstaan dit! Indien jy of iemand vir wie jy lief is met 'n gestremdheid of andersheid saamleef, mag hierdie leesplan jou insig gee in die manier waarop God kies om verskille van enige aard te gebruik ten einde sy wil te bereik. Lees verder om van vyf anderse en gestremde persone in die Bybel te leer.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/