Gestremdheid in die Bybel: Lewenslesse vir ons AlmalVoorbeeld
Ons Almal Het Helde Nodig
Professor X.
Dr Strange.
Daredevil.
Dr Mid-Nite.
Jericho.
Wat het hulle almal in gemeen?
Die lesers van strokiesprentboeke en liefhebbers van aksierolprente sal seker hierdie antwoord ken! Nietemin, in geval dit nie jou belangstelling is nie — hulle is almal superhelde. Wat meer is, hulle is almal op een of ander manier gestremd.
Professor X is in 'n rolstoel as gevolg van 'n rugbesering. Dr Strange het onomkeerbare senuweeskade in sy hande. Daredevil, sowel as Dr Mid-Nite, is blind. Jericho is stom en gebruik Amerikaanse gebaretaal om te kommunikeer. Is dit nie wonderlik dat die skrywers wat hierdie karakters geskep het, gekies het om mense met verskille in hul kragtige verhale te benut nie? Insluiting soos dié is belangrik. Dit help mense om hulself as deel van hul gemeenskappe te beskou; 'n deel wat van waarde geag word.
Kom ons kyk na 'n paar ander mense.
Moses.
Bartimeus.
Mefiboset.
Die vrou wat weens 'n gebrek nie meer regop kon staan nie (in Lukas 13).
Die blinde man (in Markus 10).
Wat het hulle almal in gemeen?
Hulle is almal karakters uit die Bybel. Net soos sommige van ons gunsteling helde uit rolprente en strokiesprentboeke, is hulle almal mense wat met een of ander gestremdheid saamleef. Dit lyk asof insluiting ook baie belangrik is vir die Here!
Weet jy wat 'n groot jammerte sou wees? Indien jy jou lewe sou deurgaan sonder om te besef dat God nie nie-gestremde mense nodig het om Homself op kragtige maniere te openbaar nie. Dit sou werklik jammer wees indien jy jou Christelike pad met die idee sou stap dat God se prestasies in die Bybel juis as gevolg van die feit is dat Hy deur "magtige" persone sy werk gedoen het, en nooit besef dat God die opregte, brose, en ja, soms erg gestremde mense kies deur wie Hy werk nie.
Om die waarheid te sê, indien jy tyd daaraan wy om die Woord van God te lees, sal jy vind dat die onderliggende boodskap eintlik is dat ons almal in vergelyking met God se mag ernstig gestremd is. Almal het vir God en sy krag nodig. Almal het die grootste held van alle tye — Jesus — ewe nodig.
God benodig niemand om sterk of slim te wees om sy werk te doen nie. Hy wil net hê dat almal soos Jesus moet leef en liefhê. Soos wat jy deur hierdie leesplan gaan, kyk of jy 'n les kan vind vir jouself of iemand vir wie jy lief is, uit die lewens van hierdie paar Bybelse helde wat met verskille of gestremdhede saamgeleef het.
Gebed: Here, dankie dat U almal insluit in u verhaal. Soos ek deur hierdie leesplan werk, help my om op te hou fokus op wat mense as minderwaardig mag beskou. Help my om myself en ander met dieselfde liefde en onontbeerlike waarde wat te beskou wat U in elke persoon sien wat U geskape het.
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel is vol van navolgenswaardige mense, sommige ook gestremd. Verteenwoordiging is belangrik en die Here verstaan dit! Indien jy of iemand vir wie jy lief is met 'n gestremdheid of andersheid saamleef, mag hierdie leesplan jou insig gee in die manier waarop God kies om verskille van enige aard te gebruik ten einde sy wil te bereik. Lees verder om van vyf anderse en gestremde persone in die Bybel te leer.
More