SaligsprekingeVoorbeeld

Saligsprekinge

DAG 13 VAN 43

Lees: Titus 3:1-5

SOAP: 3:1-2

Daar is geen geveg wat ons op ons eie hoef te veg nie: geen verhoudings-, geen politieke-, geen persoonlike gevegte nie. Wanneer ons ophou glo in God se beloftes om die hele wêreld reg te maak, dan reageer ons met sondige woede, geweld en aggressie. Paulus se opdragte hier berus almal op die realiteit dat God ons stryd vir ons sal stry. Ons het verseker ons deel om te doen, maar dit vereis nooit van ons om beheer te neem of ongeregverdig op te tree nie. Een van ons grootste getuienisse aan ‘n vermoeide en oorloggeteisterde wêreld is ons sagte aandrang dat God in beheer is. 

Dit is ook belangrik om te onthou dat ons steeds geroep is om moeilike dinge te doen en te sê: om die waarheid te praat, selfs al is dit ongewild, om die hulpeloses te verdedig, om ons vir die welsyn van ons gemeenskappe te beywer. Al hierdie werk moet egter gefundeer wees in geloof in God se soewereiniteit en gehoorsaamheid aan sy opdragte om nederig en sagmoedig te wees.

Dankie Here, dat U alles in die wêreld beheer! Gee my geloof in u krag en die moed om sagmoedig en nederig in die wêreld te leef.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Saligsprekinge

Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/