SaligsprekingeVoorbeeld
Lees: Jeremia 2:12-13
SOAP: Jeremia 2:12-13
Op ‘n warm somersdag het ons liggame water nodig. Tog sal ons dikwels as ons dors voel, ‘n koeldrank, melkskommel of ‘n yskoffie soek. Ons weet wat ons nodig het, maar soek iets anders en dink dit sal ons dors les. Jeremia het vir ‘n volk wat God geken en geweet het wat Hy vir hulle gedoen het, gepreek; tog het hulle na afgode wat nooit werklik kon bevredig nie, bly hunker. Hoewel hulle het toegang gehad het tot die fontein van lewende water, het hulle bly uitreik na stukkende houers waaruit al die water wat hulle liggame so dringend nodig gehad het, gelek het.
Ons wend ons ook na ander bronne vir vertroosting of vervulling: besittings, verhoudings, prestasies, trooskos. Net soos ‘n lekkende waterbak wys hierdie opsies vinnig hoe stukkend en onbevredigend hulle eintlik is. En tog gaan ons keer op keer terug en dink dat dit ons hierdie keer sal gee wat ons regtig nodig het. God se belofte aan ons is dat sy fontein nooit sal opdroog nie. Ons sal altyd bevredig word as ons werklik na Hom hunker.
God, U is goed en getrou. Dankie vir u belofte om in my behoeftes te voorsien en my verlange te bevredig. Leer my om my na U te wend wanneer ek bang, seergemaak en onbevredig is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |