SaligsprekingeVoorbeeld

Saligsprekinge

DAG 17 VAN 43

Lees: Matteus 5:6

SOAP: Matteus 5:6

Ons hele lewe word gevorm deur die dinge waarna ons hunker. Die primêre begeerte in ons lewe, of dit nou rykdom, mag, reputasie of intelligensie is, sal die dryfkrag wees agter alles wat ons doen. As ons rykdom bo alles wil hê, sal ons steel of bedrieg om dit te bekom. As ons mag bo alles anders begeer, sal ons ander mense vertrap of hulle uitbuit om dit te verkry. As ons God se geregtigheid bo alles begeer, sal ons daarna streef om ons lewens in ooreenstemming met sy waarheid te bring. 

En God belowe dat ons bevredig sal word! Waar die ander strewes ons onafwendbaar leeg en gefrustreerd sal laat voel, sal ons onwrikbare strewe na geregtigheid suksesvol wees. Ons sal uiteindelik bevredig word omdat God die tydperk van verlossing, herstel en geregtigheid sal inlui. In ‘n gevalle wêreld mag ons begeerte na geregtigheid egter dikwels nie bevredig word nie. Maar, eerder as om uit frustrasie tou op te gooi, belowe God dat hulle wat aanhou hoop, se honger en dors na geregtigheid uiteindelik bevredig sal word.

God, dankie vir u beloftes! Dankie dat U beloof het dat as ons hunker na u geregtigheid, ons bevredig sal word. Help my om u goedheid en waarheid bo alles anders te verlang. 

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Saligsprekinge

Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/