SaligsprekingeVoorbeeld
Lees: Matteus 5:7
SOAP: Matteus 5:7
Ons word deur God geroep om barmhartigheid te beoefen: om ander te vergewe, vrygewig te wees, empatie te hê met dié wat seer het, hulp te bied aan diegene wat hulp nodig het. Ons is hierdie roeping gegee omdat God óns barmhartig was. Ons ontvang die grootste genade: Jesus neem die wêreld se sondes aan en offer Homself op sodat ons verlos kan word. Selfs ons bestaan as die volk van God is barmhartig. Ons is van alle uithoeke van die wêreld versamel en het die voorreg om aan God se koninkryk te behoort. As mense wat gedefinieer word deur die barmhartigheid wat ons ontvang het, móét ons barmhartigheid aan ander bewys.
Ons kan barmhartigheid beoefen deur vrygewig te wees met ons tyd en hulpbronne, deur ander mense te vergewe as ons ‘n onreg aangedoen is, deur mense ‘n tweede (en derde en vierde) kans te gee, en deur te voorsien aan die mense wat ly, al dink ons nie dat hulle dit ‘verdien’ nie.
Vader, dankie dat U my barmhartig was! U is goed en genadig en ek het voortdurend u barmhartigheid nodig. Help my om geleenthede te soek om barmhartigheid met die mense in my lewe te beoefen. Gee my die krag om barmhartigheid te betoon wanneer ek nie wil nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |