SaligsprekingeVoorbeeld
Lees: Matteus 11:29
SOAP: Matteus 11:29
Dis regtig moeilik om vriendelik of saggeaard te wees as mens die wêreld op jou skouers dra. Wanneer jy bo jou vermoë beproef word, het jy al die aggressie en krag nodig wat jy kan bymekaarskraap. Jesus nooi ons om ons laste met Hom te deel, om rus te vind in die wete dat iemand wat baie sterker en meer bekwaam is as ons, die gewig wat ons nie self kan dra nie, kan hanteer.
Die meeste diere hou nie daarvan om saam met 'n ander ingespan te word nie - dit is beperkend en ongemaklik. Maar Jesus is duidelik: Hy is saggeaard, en sy juk bring rus vir ons siele. Wat aanvanklik ergerlik beperkend lyk, is eintlik tot ons eie voordeel, want die beperkings en reëls wat God ons gee, neem die gewig van ons skouers af. Ons kan vrede vind in die wete dat ons nie vir onsself hoef te veg nie. God is getrou om ons sielerus te bied, selfs terwyl ons nog in hierdie gevalle wêreld leef.
Here, ek loof U omdat U sagmoedig is en my rus verskaf! Leer my om op U te vertrou vir my krag en veiligheid, deur te glo dat U vir my sal sorg en my sal beskerm
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en hoop vir volgelinge van Christus. Ons leer waarheid uit die woorde wat Jesus 2000 jaar gelede gespreek het, soos ons streef om ons lewens te leef in die lig van die komende Koninkryk van God.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |