Hoe Groot Is Ons GodVoorbeeld

GESKEP OM TE SKYN
Pollux (POU-laks) is die snaaks-klinkende naam van 'n baie helder ster. Dis meer as 33 ligjare van die aarde af. (Net een ligjaar is amper 10 triljoen kilometer, so Pollux is regtig, regtig ver!) Hierdie ster is wat wetenskaplikes 'n rooi reus noem. Reus omdat dit so groot is – omtrent 10 keer groter as ons son. Dit het selfs sy eie planeet waarom dit wentel. Rooi omdat dit besig is om homself stadig uit te brand, en dit gee 'n rooierige-oranje lig af. Pollux is miskien die bekendste vir die manier waarop dit skyn – meer as 30 keer helderder as ons son. Vir duisende jare het seemanne die helder, blink ster gebruik om hulle te lei.
God het Pollux geskep om te skyn. Dit skyn nie heeltemal op dieselfde manier as die maan of die son nie, maar dit is steeds pragtig op sy eie manier, net soos alles wat God geskep het – veral jy. Nou, daar mag dalk iets omtrent jou wees wat jy dink nie so mooi of dienlik is nie. Probeer om so daaraan te dink: God het jou met 'n doel geskep, presies op die manier wat Hy jou wou hê, van jou kop tot by jou tone. Toe het Hy teruggestaan en gesê: "Manjifiek! Fantasties! Pragtig!" Jy is pragtig op jou eie asemrowende, wonderlike, deur-God-gemaakte manier. Net soos Pollux, het God jou gemaak om te skyn.
Hoe Groot!
Net soos Pollux se helder lig seemanne op hul roete lei, kan jy ander op hul pad na Jesus lei. Hoe? Wees vriendelik wanneer ander nie is nie. Wees hulpvaardig wanneer dit nie maklik is nie. Doen die regte ding wanneer ander dit nie doen nie. Wanneer mense jou vra hoekom jy so anders is, kan jy hulle vertel van die Een wat jy volg.
Gebed
Vader, leer my om die prag te sien wat U rondom my geskep het. Help my veral om die prag te sien wat U in my geskep het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan, gebaseer op Louie Giglio se kinderoordenking, Hoe Groot Is Ons God: 100 Onbeskryflike Oordenkings Oor God en die Wetenskap, sal kinders help om die wonderbaarlike verbintenis te ontdek tussen die natuurlike wêreld en die God wat dit geskep het, te ontdek. Die wonders van die heelal en feite oor die buitenste ruimte en tyd, die aarde en die weer, die menslike liggaam, diere, plante, en meer sal jou kind se waardering vir God se merkwaardige verbeelding verdiep.
More
Verwante Leesplanne

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Staan weer op

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Voltydse Volharding

Delf dieper deur Romeine

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
