Hoe Groot Is Ons GodVoorbeeld
SÊ DIT IS NIE SO NIE
Olifante drink water deur hulle slurpe, soos met 'n strooitjie. Vlermuise is so blind soos 'n mol. 'n Volstruis kruip weg deur sy kop in die sand te druk. As jy aan 'n padda vat, sal jy vratjies kry. Bulle storm as hulle rooi sien.
Hoeveel van hierdie "feite" het jy al gehoor? Om die waarheid te sê, dis nie waar nie! Hier is die korrekte feite: Olifante suig net water op met 'n deel van hul slurpe en spuit dit dan in hul monde. Vlermuise gebruik meestal klank om te navigeer, maar hulle kan sien ook. Volstruise druk nie hulle koppe in die sand nie, maar hulle mag dalk op die grond neerslaan en maak asof hulle dood is. Nee, jy sal nie vratjies kry as jy aan 'n padda vat nie. Bulle sal die kleur rooi bestorm, maar ook blou, groen, geel en enige kleur as dit beweeg.
Ons hoor party goed so dikwels dat ons begin glo dit moet waar wees. Die feit van die saak is, hierdie wêreld en die duiwel wat los loop daarin, hou daarvan om te lieg. Hy sê goed oor en oor soos: Jy is nie belangrik nie; Niemand gee regtig vir jou om nie; Jy is nie goed genoeg nie; Jy moet jou moeilikhede alleen in die gesig staar. Moenie dit glo nie! Bewapen jouself met God se waarhede, deur elke dag die Bybel te lees. Jy sal leer hoe spesiaal jy is, hoeveel God jou liefhet en dat jy nooit alleen is nie. Dan sal jy nie in die versoeking kom om die leuens te glo nie.
Hoe Groot!
Kyk self na sommige van God se kragtigste waarhede. God het jou gemaak en weet alles van jou (Psalm 139:13-14). God het jou so lief (Johannes 3:16 en 1 Johannes 3:1). God los jou nooit alleen om jou eie moeilikhede in die gesig te staar of om jou vreugde te vier nie (Matteus 28:20 en Josua 1:5).
Gebed
Here, ek hoor so baie verskillende goed oor wie ek is en wie U is. Help my om altyd te onthou om eers in u Woord seker te maak wat die waarheid is. Ek weet U sal nooit vir my jok nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan, gebaseer op Louie Giglio se kinderoordenking, Hoe Groot Is Ons God: 100 Onbeskryflike Oordenkings Oor God en die Wetenskap, sal kinders help om die wonderbaarlike verbintenis te ontdek tussen die natuurlike wêreld en die God wat dit geskep het, te ontdek. Die wonders van die heelal en feite oor die buitenste ruimte en tyd, die aarde en die weer, die menslike liggaam, diere, plante, en meer sal jou kind se waardering vir God se merkwaardige verbeelding verdiep.
More