Hoe Groot Is Ons GodVoorbeeld
REËN OF SONSKYN
Uiterstes. Dit beteken dat iets so ver van gewoon is as wat jy kan kry. Soos woestyne en reënwoude. Woestyne kry minder as 254 mm reën in 'n jaar. In Hollywood rolprente word woestyne as baie warm en droog uitgebeeld, met sandduine kilometer na kilometer – soms is dit so. Woestyne kan egter ook rotsagtig wees – selfs ysig koud, soos die woestyne in die Suidpool en Noordpool.
Reënwoude, aan die ander kant, kry meer as 1905 mm reën in 'n jaar. Jy dink nou seker aan tropiese reënwoude soos die Amasone, maar daar is reënwoude oral in die wêreld in plekke soos Asië, Australië en die VSA. Reënwoude is gewoonlik baie warm en bedompig – en gevul met allerhande soorte plant- en dierelewe.
Woestyne en reënwoude kan as uiterstes gesien word, maar die lewe kan ook uiterstes bevat. Sommige dae is soos om in 'n reënwoud te wees waar jy met goeie dinge toegegooi word. Ander dae voel meer soos 'n woestyn, sonder 'n druppel geluk in sig! Wanneer jy 'n "woestyn"-dag beleef, is dit regtig moeilik om te verstaan hoekom die kind wat so gemeen met jou was, oorlaai word met goeie dinge. Onthou dit: God het elke persoon lief, selfs dié wat Hom nie liefhet nie. Seëninge mag dalk sy manier wees om hulle aandag te trek, sodat hulle kan leer om in Hom te glo. Wat jou "woestyn"-dae betref, God belowe om dit vir jou beswil te gebruik (Romeine 8:28) – en dit is 'n groot seëning.
Hoe Groot!
Die dorpie Mawsynram het die eer om die natste plek in die wêreld te wees. Dit kry gemiddeld 11 862 mm reën elke jaar! Die Droë Valleie van Antartika is egter – jy het reg geraai – die droogste plek op aarde, met 'n gemiddelde reënval van nul!
Gebed
Here, ek verstaan nie hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense en goeie dinge met slegte mense nie. Nietemin weet ek U het my lief en U seën my altyd – as dit reën en as die son skyn.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan, gebaseer op Louie Giglio se kinderoordenking, Hoe Groot Is Ons God: 100 Onbeskryflike Oordenkings Oor God en die Wetenskap, sal kinders help om die wonderbaarlike verbintenis te ontdek tussen die natuurlike wêreld en die God wat dit geskep het, te ontdek. Die wonders van die heelal en feite oor die buitenste ruimte en tyd, die aarde en die weer, die menslike liggaam, diere, plante, en meer sal jou kind se waardering vir God se merkwaardige verbeelding verdiep.
More