Hoe Groot Is Ons GodVoorbeeld
VERBY DIE REËNBOOG ... BERGE?
Wanneer jy die Reënboogberge van China sien, mag jy dalk dink jy droom. Moenie jouself knyp nie! Hierdie kleurvolle, gestreepte berge is geheel en al werklik.
Hulle is gevorm toe verskillende lae sandsteen en minerale saam gedruk is onder die grond en toe bo die grond uitgedruk is toe die tektoniese plate onder die aarde se oppervlak geskuif het. Die reënboogkleure is geskep toe die verskillende minerale in die sandsteen met die lug in aanraking gekom en geoksideer of geroes het – net soos jou fiets sal roes as jy dit te lank buite los. Verskillende minerale het in verskillende kleure "geroes", en dit gee ons die Reënboogberge!
Daardie reënboogkleurige berge mag jou dalk aan 'n ander reënboog herinner: die een wat God eens aan Noag gegee het. Ken jy die storie? Mense het so sondig geword dat niemand meer aan God of sy goedheid gedink het nie. Behalwe Noag. Noag het God werklik lief gehad. Dus, toe God 'n vloed stuur om die sondige lewende wesens wat die aarde gevul het te vernietig, het Hy Noag en sy gesin gespaar. Na die waters opgedroog het, het God belowe om nooit weer die hele aarde met 'n watervloed te tref nie. Hy het vir Noag 'n teken van sy belofte gegee: die reënboog. Wanneer jy deesdae enige tyd 'n reënboog sien – in die lug of in 'n berg – kan jy nie net God se belofte aan Noag onthou nie, maar al sy beloftes. Want hulle is jou beloftes ook. God sal elkeen van hulle hou. Dit is hoe groot ons God is!
Hoe Groot
'n Maanboog is soos 'n reënboog, behalwe dat dit deur die maan se lig in plaas van die son se lig geskep word. Maanboë is baie skaars. Wanneer hulle wel verskyn, is dit dikwels naby 'n waterval. Wanneer dit volmaan is, kan maanboë gesien word by die Cumberland Vallei in Kentucky en die Victoria Vallei in Afrika.
Gebed
Liewe Here, die kleure van hierdie wêreld is ongelooflik om te sien. Meer ongelooflik is egter al u beloftes aan my – en ek weet U sal elkeen van hulle hou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan, gebaseer op Louie Giglio se kinderoordenking, Hoe Groot Is Ons God: 100 Onbeskryflike Oordenkings Oor God en die Wetenskap, sal kinders help om die wonderbaarlike verbintenis te ontdek tussen die natuurlike wêreld en die God wat dit geskep het, te ontdek. Die wonders van die heelal en feite oor die buitenste ruimte en tyd, die aarde en die weer, die menslike liggaam, diere, plante, en meer sal jou kind se waardering vir God se merkwaardige verbeelding verdiep.
More