Hoe Groot Is Ons GodVoorbeeld

TIFONE, ORKANE EN SIKLONE ... O MY WÊRELD!
Tifone, orkane en siklone ... wat is die verskil? Die plek, die plek, die plek! Dit is eintlik drie verskillende name vir een soort storm – 'n tropiese sikloon. In die Atlantiese Oseaan word hierdie soort storm 'n orkaan genoem. In die suidelike Stille Oseaan is dit 'n sikloon, en in die westelike Stille Oseaan is dit 'n tifoon.
Dit maak nie saak wat jy dit noem nie, tropiese siklone is kragtig. Hulle winde begin by omtrent 120 km per uur, maar kan tot meer as 240 km per uur versnel. Hulle laat branders breek teen die kuslyn, en die regtig sterkes kan bome ontwortel en geboue platvee. Tropiese siklone kan van 96 tot meer as 1930 kilometer in die breedte strek, en hulle besit die krag van honderde donderstorms!
Dit is moeilik om jou selfs daardie soort krag voor te stel. Die krag van 'n tropiese sikloon is egter niks in vergelyking met die krag van ons God nie. Al wat Hy nodig gehad het om te doen, was om 'n woord te sê, en lig het die heelal verlig, sterre het in die lug verskyn, water het vergader om oseane te vorm, berge het in plek geskuif, leeus het brullend tot lewe gekom en mense het op die aarde geloop. Toe het Hy gesê: "... Dit is volbring" (Johannes 19:30b), en sonde is weggewas, die dood is oorwin en die Satan het vir ewig verloor. Dit is krag. Dit is die God wat jou liefhet en by die naam roep.
Hoe Groot!
In die suidelike Halfrond (die deel van die aarde suid van die ewenaar), draai siklone kloksgewys, net soos die wysers van 'n horlosie. In die noordelike Halfrond (noord van die ewenaar) draai siklone anti-kloksgewys, die teenoorgestelde van die wysers van 'n horlosie. Dit word genoem die "Coriolis"-effek, en dit word deur die aarde se rotasie veroorsaak. Sommige mense sê dit beïnvloed selfs die manier waarop water in 'n toiletbak draai – maar dit is net 'n mite!
Gebed
Here, U is so groot en so kragtig. U kan absoluut enigiets doen – en U ken steeds my naam. Ek het U daarvoor lief, Here.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan, gebaseer op Louie Giglio se kinderoordenking, Hoe Groot Is Ons God: 100 Onbeskryflike Oordenkings Oor God en die Wetenskap, sal kinders help om die wonderbaarlike verbintenis te ontdek tussen die natuurlike wêreld en die God wat dit geskep het, te ontdek. Die wonders van die heelal en feite oor die buitenste ruimte en tyd, die aarde en die weer, die menslike liggaam, diere, plante, en meer sal jou kind se waardering vir God se merkwaardige verbeelding verdiep.
More
Verwante Leesplanne

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Staan weer op

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Voltydse Volharding

Delf dieper deur Romeine

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
