Die OfferandesVoorbeeld
Versoening vir sondes
In die Ou Verbond (Ou Testament) sien ons dus die tipe offers was die bloed van diere (Ex 12:5; Levítikus 1-7).
- Die gehalte van die offers was nie voldoende nie aangesien dit voortdurend moes plaasvind (Levítikus 1-7; Heb 9:7-9; 10:4).
- Daar is voortdurend offers gebring vir die versoening van sondes (Levítikus 1-7; Heb 10:1).
- Die offers was geldig vir ’n dag of vir ’n jaar (Exodus 29-30; Heb 10:1-4).
- Dus was die offers net tydelik en daarom moes die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met die bloed van die sondoffer (Ex 30:10; Heb 9:25).
In die Nuwe Verbond (Nuwe Testament) sien ons die offer was die bloed van Jesus Christus (Heb 9:12; 13:12; 1 Joh 1:7).
- Die kwaliteit van die offer wat Jesus gebring het, was eenmalig (Heb 9:12, 26).
- Die offer van die liggaam van Jesus Christus was eenmalig vir die versoening van sondes (Heb 9:25-26).
- Christus se offer word nooit herhaal nie, maar het ’n ewige verlossing teweeggebring (Heb 7:26-27; 9:12-15).
- Daarom is die dood wat Hy vir die sonde gesterf het finaal, dit was eens en vir altyd (Rom 6:10; Heb 9:25-28).
’n Noukeurige beskouing van die brief aan die Hebreërs laat dit duidelik blyk dat die Ou-Testamentiese offers ten beste ’n voorlopige oplossing vir die probleem van sonde was (Hebreërs 10:1-4).
Die offer van Jesus Christus het alle offers finaal ten einde gebring. Uit ons bogenoemde studie rondom die vyf offers van Levítikus 1-7 is dit duidelik dat hoewel die offers self verdwyn het, hulle veel doen om ons te help om die offer van Jesus Christus beter te verstaan.
Vir meer inligting en studies oor die boeke van die Bybel, besoek Raymond Lombard Ministries
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer ons die offerandes van die Ou Testament soos opgeteken in Levítikus 1-7 bestudeer, sal dit goed wees as ons onsself daaraan herinner dat daar deur die OFFERANDES ’n weg tot God is – Christus is ons offerlam. Die offerandes was ’n kenmerk van die godsdiens van die volk Israel wat binne die raamwerk van die openbaring by die berg Sinai geskied het.
More
Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/