Die OfferandesVoorbeeld

Die Offerandes

DAG 5 VAN 8

Die Drankoffers

Ons lees in Numeri 15: 1-13 van drankoffers. Hier dien vermeld te word dat in Levítikus 23:13, 18 en 37 die drankoffers genoem word, maar die voorskrifte word nie daar verduidelik nie. Soos die spysoffer is die drankoffer gebring nadat die diereoffers op die altaar gebring is (Númeri 29: 6, 11, 18-19). Die voorskrif vir die drankoffer was “wyn vir die drankoffer, ’n kwarthin, (3½ liter) moet jy berei by die brandoffer of vir die slagoffer” (Núm 15:5). 

Die wyn is oor die offerdier uitgegiet. Nie die offeraar of die priester het van hierdie wyn gedrink nie omdat dit alles uitgestort is oor die dier en die altaar.

Die uitstorting van die wyn was ’n simbool van lewe wat uitgestort word in oorgawe en toewyding aan God. Ons lees dan ook dat toe Jesus aan die kruis was (Psalm 22), in die Messiaanse Psalm verklaar word “Ek is uitgestort soos water” (vers 15), en in Jesaja 53:12 lees ons dat “Hy sy siel uitgestort het in die dood”. Dawid weier om die water te drink en stort dit uit tot eer van die Here (2 Sam 23:14-17). 

Die apostel Paulus skrywe aan die gemeente van die Filippense: maar al word ek as ’n drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening (Filippense 2:17); hy skrywe ook vanuit ’n Romeinse gevangenis aan Timótheüs, “want ek word alreeds as ’n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby” (2 Tim 4:6). Paulus sien sy lewe, bediening en heengaan as ’n drankoffer van toewyding aan die Here. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die Offerandes

Wanneer ons die offerandes van die Ou Testament soos opgeteken in Levítikus 1-7 bestudeer, sal dit goed wees as ons onsself daaraan herinner dat daar deur die OFFERANDES ’n weg tot God is – Christus is ons offerlam. Die offerandes was ’n kenmerk van die godsdiens van die volk Israel wat binne die raamwerk van die openbaring by die berg Sinai geskied het.

More

Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/