Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 9 VAN 24

Trots Vernietig; Nederigheid Bou Op

Trots vernietig verhoudings. Dit kom op baie verskillende maniere voor, soos kritiek, mededinging, koppigheid en oppervlakkigheid.

Die probleem met trots is dat dit bedrieglik is. Almal kan dit in ons sien, net nie onsself nie. Wanneer jy 'n probleem het met trots, sien jy dit nie in jou lewe nie.

Spreuke 16:18 sê: "Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val." Ek is lief vir hierdie vers in Die Boodskap se weergawe: "Wie dink hy is beter as ander, word verneder. Trots lei tot ondergang."

Hoogmoed vernietig verhoudings, maar nederigheid is die teenmiddel vir hoogmoed. Nederigheid bou verhoudings. Die Bybel sê in 1 Petrus 3:8: "Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig."

Hoe gaan ek en jy in nederigheid groei? Dit gebeur as ons Jesus Christus toelaat om ons gedagtes, harte, houdings en reaksies te begin beheer. Hy moet deel wees daarvan. Efesiërs 4:23-24 sê: "Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig."

Hoe word jy 'n nuwe mens? Hoe begin jy op 'n ander manier dink? Die basiese wet van verhoudings is: Jy is geneig om te word soos die mense saam met wie jy tyd deurbring. As jy tyd deurbring met knorrige mense, word jy meer knorrig. As jy tyd deurbring met gelukkige mense, word jy gelukkiger. As jy meer nederigheid wil hê, bring meer tyd saam met Jesus Christus deur. Hy is nederig. Hy wil 'n verhouding met jou hê. Hy wil hê jy moet tyd saam met Hom in gebed deurbring, sy Woord lees en met Hom praat. Hy is nederig, en soos jy Hom leer ken, word jy meer soos Hy.

"Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself … Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s'n wees: Alhoewel Hy self God was, het Hy nie vasgeklou aan die Goddelikheid wat Hom toekom nie" (Filippense 2:3b, 5-6 NLV).

Niemand het iets meer nederiger as Jesus gedoen nie. Hy het van die hemel na die aarde toe gekom as 'n mens, om vir ons te leef, vir ons sy lewe te gee, en vir ons opgewek te word. Wanneer jy tyd met Hom deurbring, maak dit jou meer nederig, en dit bou jou verhoudings.

Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die liggaam van Christus! In hierdie reeks verduidelik Pastoor Rick hoe om die deur die lewe te gaan in verhouding met ander mense.

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org