Beter TesameVoorbeeld
Hoe Reageer God Op Jou Vrygewigheid?
Ek het 'n storie gehoor van 'n man wat sy seun na McDonalds geneem het en vir hom 'n ekstra-groot pak aartappelskyfies gekoop het. Op pad huis toe het daardie skyfies so heerlik geruik; hy het toe oorgeleun en een klein skyfie uit sy seun se houer gevat en dit geëet. Sy seun het so ontsteld geraak en gesê: "Pa, jy kan nie daardie een kry nie. Dit is my skyfies!" Die pa het dadelik drie gedagtes gehad:
"Eerstens het my kind vergeet dat ek die bron van al die skyfies is. Ek het hom na McDonalds geneem, ek het die bestelling geplaas, ek het vir die bestelling betaal, ek het dit aan hom oorhandig, en ek ry nou met hom terug huis toe. Die enigste rede waarom hy skyfies gekry het, was as gevolg van my, die Groot Skyfiegewer!
"Tweedens het my kind nie besef dat ek die skyfies dadelik kon wegneem as ek wou nie. Of ek kon vir hom 'n hele vragmotor vol skyfies gekoop as ek wou, want ek het ook daardie mag.
"Derdens het ek nie sy skyfies nodig nie. Ek kon maklik my eie koop. Ek kon vir myself honderde houers daarvan koop as ek wou. Ek wou hom net leer om onselfsugtig te wees."
Dié drie lesse is dieselfde wat God wil hê jy moet leer, sodat jy vrygewig kan wees teenoor ander mense. In die eerste plek wil God hê dat jy moet onthou dat Hy die bron is van alles wat jy het. Jy sou niks hê nie — jy sou nie eers lewe nie — as dit nie vir God was nie! Hy het gekies om jou te skep en alles vir jou te gee wat jy het. Tweedens kan God dit alles in 'n oomblik van jou af wegneem, of Hy kan dit verdubbel, omdat Hy die die mag het. Derdens het God nie jou geld nodig nie. Hy wil net hê jy moet leer om onselfsugtig en vrygewig te wees. Hy wil jou geloof ontwikkel.
Wat gebeur as jy begin om 'n meer vrygewige persoon te word? Die Bybel sê in 2 Korintiërs 9: 8 (NLV): "En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk."
God sê as jy vrygewigheid sal beoefen, sal Hy jou alles gee wat jy nodig het, en nog meer, sodat jy genoeg sal hê om dit met ander mense te deel. Hy's op soek na 'n kanaal, soos 'n strooitjie, en as Hy dit kry — iemand wat bereid is om te sê: "God, gebruik my om 'n seën vir ander mense te wees" — begin Hy om seën daardeur te laat vloei.
As jy leer om vrygewig te wees, sal God jou meer seën as wat jy kan dink!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die liggaam van Christus! In hierdie reeks verduidelik Pastoor Rick hoe om die deur die lewe te gaan in verhouding met ander mense.
More