Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 21 VAN 24

Die Beste Belegging Wat Jy Ooit Sal Maak

Vrygewigheid is 'n belegging. Lukas 16:9a (NLV) sê: "... gebruik julle wêreldse bronne tot voordeel van ander, ..." Ek het al baie kere gesê dat jy dit nie saam met jou kan neem nie. Het jy geweet dat lykshuise begrafnispakke verkoop? Dis vir mense wat in 'n pak begrawe wil word, maar nie een het nie. Weet jy wat anders is aan 'n begrafnispak? Daar is geen sakke in nie! Dit is waar! Jy het hulle nie nodig nie, want jy kan niks met jou saamneem nie. Maar jy kan dit vooruit stuur.

Hoe doen jy dit? Deur te belê in mense wat daarheen gaan.

Die Bybel sê in 1 Timoteus 6:18-19 (NLV): "Sê hulle moet hulle geld gebruik om goed te doen. Hulle moet ryk wees in goeie dade en moet ruim gee aan dié in nood; hulle moet altyd gereed wees om wat God aan hulle gegee het, met ander te deel. Deur dit te doen, sal hulle vir hulle ’n skat opbou – ’n goeie fondament vir die toekoms sodat hulle die egte lewe kan ontvang."

Elke keer as jy vrygewig is teenoor 'n arm persoon, 'n vriend of 'n buurman, sê God dat jy skatte in die hemelse bank stoor. Jou tyd op aarde is net omtrent 80 en hoogstens 100 jaar. Jy gaan biljoene jare in die ewigheid deurbring. Waar moet jy die grootste rekening hê?

Daar is geen groter belegging as die koninkryk van God nie. Wanneer jy ander mense help met jou tyd, jou geld, jou hulpbronne — alles wat jy het — dan maak jy eintlik 'n belegging in die hemel. Jou belegging in die hemel word beskerm. Dit lewer goeie dividende. Dit is oor en oor bewys. Daar is groot dividende en geen risiko's nie.

Jy gaan nie daardie soort belegging elders kry nie!

Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die liggaam van Christus! In hierdie reeks verduidelik Pastoor Rick hoe om die deur die lewe te gaan in verhouding met ander mense.

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org