Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 17 VAN 24

Jy Dien God Deur Ander Te Dien

Daar is net een manier waarop jy God kan dien: deur ander mense te dien. Wanneer jy jou talente, tyd, energie en hulpbronne gebruik om ander mense te help, word dit bediening genoem.

God wil egter nie hê jy moet alleen dien nie! Filippense 2:2 sê: "Maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe." Waarom vra God dit? Hoekom kan jy nie net God op jou eie dien nie?

1. Ons is familie. Die Bybel sê in 1 Korintiërs 3:9a: "Ons is medewerkers in diens van God." As jy deel van God se familie is, wil God hê dat jy met die ander familielede oor die weg moet kom. Trouens, God is meer geïnteresseerd in die verhoudings wat jy opbou terwyl jy diens doen, as wat Hy is in die diens wat jy doen. Hy wil hê jy moet leer om met die familie van God oor die weg te kom.

2. Ons het mekaar nodig. Ons het mekaar nodig om te kan dien. Niemand het al die talente nie. Niemand het al die gawes nie. God het dit doelbewus so gedoen, sodat jy my nodig het en ek jou nodig het en dat ons mekaar sal nodig hê.

"Ons is Christus se liggaam hier op aarde. Net soos die verskillende liggaamsdele elkeen sy eie funksie het, het ons as gelowiges ook verskillende funksies" (Romeine 12:5 DB).

3. Ons kry meer gedoen. Prediker 4:9 (NLV) sê: "Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk." Spanwerk vermeerder effektiwiteit.

God wil jou gebruik op maniere wat jy nog nooit verwag het nie. Jy mag dalk vra: "Wat het ek om te bied?" Jy het iets, maar jy het nie genoeg op jou eie nie. Dis hoekom jy ander mense in jou lewe nodig het. God wil jou gebruik, maar Hy wil jou ook in 'n span gebruik waar julle mekaar kan help.

God het ons so gemaak dat ons meer lewendig voel wanneer ons deel van 'n span is wat iets vir God se koninkryk bereik. Spanne bring ons nader aan mekaar, help ons om meer gedoen te kry en meer pret te hê. Die vinnigste manier om dit reg te kry om jou kleingroep nader aan mekaar te laat groei, is deur saam te dien. Wanneer julle bymekaar kom vir 'n ewige doel, bou dit 'n onstuitbare span wat groot dinge vir God kan bereik.

Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die liggaam van Christus! In hierdie reeks verduidelik Pastoor Rick hoe om die deur die lewe te gaan in verhouding met ander mense.

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org