Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 12 VAN 24

Bevestig Ander Deur Hulle Te Aanvaar

Hier is 'n klein geheim: Almal soek bevestiging. Het jy dit opgelet? Mense sal byna enigiets doen om dit te kry. As jy dit nie glo nie, kyk 'n paar van die realiteitsprogramme. Kyk wat mense doen om op TV te verskyn, net sodat mense hulle sal prys.

God is 'n ongelooflike bevestigende en liefdevolle Vader. Wanneer jy ander mense bevestig, betoon jy liefde en verteenwoordig jy Christus. Jesus het mense bevestig soos Hy bedien het, dus dien jy soos Jesus gedien het. Jy wys die wêreld 'n bietjie meer van hoe God is.

Een van die beste maniere om mense in die alledaagse lewe te bevestig, is om hulle te aanvaar. Romeine 15:7 sê: "Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, ..."

Soms is die maklike keuse om mense af te jak, te verkleineer en te verneder, veral wanneer hulle nie aan ons standaarde voldoen nie. Ons almal het 'n neiging om ons sterkpunte te neem en dit op ander mense te projekteer, en hulle af te kraak wanneer hulle nie aan ons verwagtinge voldoen nie. Byvoorbeeld, jy kan iemand wees wat altyd stiptelik is, en wanneer ander mense laat is, is jy geneig om op hulle neer te kyk. Terselfdertyd laat dit jou goed voel oor jouself, omdat jy beter daarmee is om betyds te wees. Of miskien is jy 'n baie netjiese persoon wat nie kan help om op te let wanneer jy na ander mense se huise toe gaan, hoe deurmekaar alles is nie, en dit laat jou beter voel oor jouself. Ons is geneig om ons sterkpunte op ander mense te projekteer, en vergeet dat ons swakpunte op ander gebiede het.

Kom ek gee vir jou 'n ander manier om beter oor jouself te voel. In plaas daarvan om neerhalend teenoor ander mense te wees, probeer om ander mense eerder op te hef. Dis meer opwindend as enigiets anders.

Die Bybel sê in Romeine 12:10: "Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld."

Om die werk van God te doen, moet ek en jy die Godgegewe verskille tussen ons en die manier waarop ons uniek gevorm is, waardeer. Dis hoe jy weet wanneer jy iemand aanvaar: Jy hou op om daarop aan te dring dat hulle net soos jy moet wees. Jy besef en is bly oor die feit dat hulle anders is. Die waarheid van die saak is, die wêreld sou 'n vervelige plek gewees het as almal soos jy was. God het ons dus op allerlei verskillende maniere gemaak om allerhande verskillende soorte dinge te kan doen, sodat alles in hierdie wêreld gedoen kan word.

Die doel van 'n gesin, 'n kleingroepie, 'n geestelike familie of enige gemeenskapsgroep, is nie om mense na jou beeld te vorm nie, maar om mekaar te aanvaar en te bevestig en mekaar te help om te ontdek wie God jou gemaak het om te wees.

Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die liggaam van Christus! In hierdie reeks verduidelik Pastoor Rick hoe om die deur die lewe te gaan in verhouding met ander mense.

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org