Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 11 VAN 24

Verandering Vereis Eerlikheid

Om die gebreke in jou lewe te verander, moet jy mense in jou lewe hê wat jou die waarheid vertel. Jy gaan nie op jou eie beter word nie; jy gaan ander mense in jou lewe nodig hê. Jy sal ondersteuning nodig hê. Jy gaan 'n kleingroepie benodig. Verandering vereis eerlikheid.

Daar is 'n paar dinge in jou lewe wat jy nooit op jou eie sal kan verander nie, tipies die dinge wat die moeilikste in jou lewe is en wat jy nie wil hê enigiemand anders oor jou moet weet nie.

Jy sal nooit oor daardie goed kom totdat jy hulle met iemand deel nie. Jy hoef nie vir almal te vertel nie. Jy moet net een persoon vind wat jou sal vertrou en vir wie jy sal vertrou; iemand wat betroubaar sal wees, wat jou onvoorwaardelik lief het, nie veroordelend sal wees nie en vir jou sal bid. Die onthulling van jou gevoelens is die begin van genesing.

Dit beteken nie 'n kleingroepie waar jy bymekaar kom op 'n oppervlakkige vlak en almal "piekfyn" is nie of met wie dit "goed gaan" nie. Jy moet die vlak van volwassenheid in jou kleingroepie bereik waar jy kan sê: "Ek het hierdie week 'n moeilike week gehad. Die lewe is moeilik. Dit is wat gebeur het."

"Daarom, vermy die leuen, en praat elkeen die waarheid met sy naaste, want ons is lede van een liggaam" (Efesiërs 4:25 AFR20).

As jy 'n gelowige is, behoort jy ook iewers. Jy behoort in die familie van God en elke ander gelowige behoort aan jou. Jy kan nie word, totdat jy behoort nie. Jy kan nie word wat God wil hê jy moet wees, totdat jy aan 'n groep behoort wat openhartige gemeenskap het nie. Pak valsheid weg. Praat met jou buurman. Vertel jou vriend die waarheid, want ons behoort aan mekaar.

As jy ernstig is om van die diepste fobies in jou hart te verander, die diepste gebreke in jou lewe, dan gaan jy die vrees om eerlik te wees in die gesig moet staar. Jy moet ophou om voor te gee. Jy moet valsheid aflê. Jy moet opreg wees.

Jy kan deur die lewe gaan met een van twee keuses: jy kan voorgee dat jy alles onder beheer het of jy kan besig wees om alles onder beheer te kry. Maar jy sal nooit alles onder beheer kry solank as wat jy voorgee jy het dit alles onder beheer nie. En jy gaan nooit beter word, genees word, ontslae raak van daardie areas in jou lewe wat pla nie, totdat jy met iemand daaroor praat.

Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die liggaam van Christus! In hierdie reeks verduidelik Pastoor Rick hoe om die deur die lewe te gaan in verhouding met ander mense.

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org