Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 15 VAN 24

Wanneer Jy Ander Help Om Te Groei, Groei Jy Ook

God het dit so beplan dat wanneer jy ander help om te groei, God jou sal help om te groei. Jy groei nooit vinniger as wanneer jy in gemeenskap met ander gelowiges is en mekaar aanmoedig om Jesus Christus te volg nie.

Die Bybel sê in 1 Timoteus 4:7b (NLV): "Bestee jou tyd en energie daaraan om jouself te oefen tot geestelike fiksheid." Hoe oefen jy vir 'n geestelike lewe? Jy bly in 'n kleingroepie en jy kry 'n geestelike vennoot. Het jy al agtergekom dat dit altyd makliker is om te oefen wanneer jy saam met iemand anders oefen? Jy het iemand nodig om langs jou te stap deur jou reis van geloof en jy moet dieselfde toewyding teenoor ander mense hê.

Niks raak jou lewe meer as jou verpligtinge nie. Sê vir my waartoe jy verbind is, en ek sal vir jou sê wat jy oor 20 jaar gaan wees, want jy word dit waartoe jy verbind is. Jou verpligtinge vorm jou lewe! As jy nie verbind is tot enigiets nie, gaan ander mense jou lewe vorm.

Jou verpligtinge raak nie net die hiér en nou nie, hulle beïnvloed ook die ewigheid, want elke keuse wat jy maak het ewige gevolge. Dit is waarom die Bybel in Romeine 1:12 sê: "Ek bedoel dat, as ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s'n en julle deur myne."

Dis waarom jy 'n geestelike familie nodig het, en dis waarom jy 'n kleingroepie nodig het. Ons help mekaar!

Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die liggaam van Christus! In hierdie reeks verduidelik Pastoor Rick hoe om die deur die lewe te gaan in verhouding met ander mense.

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org