Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 8 VAN 24

Saai Onbaatsugtigheid en Oes Die Ewige Lewe

Selfsugtigheid vernietig verhoudings. Dit is die nommer een oorsaak van konflik, argumente, egskeiding en selfs oorlog.

Jakobus 4:1 sê: "Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie?" Elke probleem begin as gevolg van ons selfgesentreerdheid.

Dit is baie maklik vir selfsug om in ons verhoudings in te kruip. Wanneer jy 'n verhouding begin, werk jy hard daaraan om onselfsugtig te wees. Maar soos die tyd aanstap, begin selfsug inkruip. Ons plaas meer energie in die bou van verhoudings as om hulle te behou.

As selfsugtigheid verhoudings verwoes, dan is dit onbaatsugtigheid wat hulle laat groei. Wat beteken onbaatsugtigheid? Dit beteken minder van "my" en meer van "jou". Dit beteken om aan ander te dink voordat jy aan jouself dink en om ander se behoeftes voor jou eie te stel (Filippense 2:4).

Onbaatsugtigheid bring die beste in ander na vore. Dit bou vertroue in verhoudings. In werklikheid, as jy begin om onbaatsugtig te wees in 'n verhouding, forseer dit die ander persoon om te verander, omdat jy nie meer dieselfde persoon is nie, en hulle moet op 'n ander manier teenoor jou optree. Ek het dit eintlik al baie kere gesien — sommige van die mees onbeminlike mense, by wie niemand wil wees nie, verander wanneer iemand vriendlik en onbaatsugtig teenoor hulle is en vir hulle gee wat hulle nodig het en nie wat hulle verdien nie.

Die Bybel sê in Galasiërs 6:7b-8 (DB): "Dit wat jy plant, sal jy ook oes. As jy jou lewe gaan inplant op die terrein van die sonde, sal jy die dood as oes ontvang. Aan die ander kant, as jy jou lewe inplant op die terrein van die Heilige Gees, sal jy die ewige lewe as oes van Hom ontvang."

Dit is die beginsel van saai en maai. Wat jy saai, sal jy maai. God beloon onbaatsugtigheid met die ewige lewe. Hy het die heelal so gemaak dat hoe meer onselfsugtig jy is, hoe meer sal Hy jou seën. Hoekom? Omdat Hy wil hê dat jy soos Hy word, en God is onselfsugtig. Alles wat jy in die lewe het, is 'n geskenk van God, omdat Hy onselfsugtig was teenoor jou.

Jy is die meeste vervuld in hierdie lewe wanneer jy jouself gee. Jesus het gesê: "... wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou" (Markus 8:35b).

Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die liggaam van Christus! In hierdie reeks verduidelik Pastoor Rick hoe om die deur die lewe te gaan in verhouding met ander mense.

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org