Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 6 VAN 24

Maak Vriende om Dissipels te Maak

Almal soek na 'n ware vriend — nie net kennisse nie, maar mense wat by jou sal wees wanneer jy hulle die meeste nodig het. God wil hê dat jy ware vriendskappe bou met die mense wat reeds in jou lewe is, sodat jy die evangelie met hulle kan deel. God het hierdie mense — jou medewerkers en klasmaats, bure en spanmaats — spesifiek in jou lewe geplaas, sodat jy hulle kan vertel van die belangrikste besluit wat hulle ooit sal maak. As jy nie vir hulle vertel wat Christus vir hulle gedoen het nie, wie sal?

Die Bybel sê in Romeine 12:16: "Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie."

Christene is geneig om in een van twee uiterste kategorieë te val: isolasie of nabootsing. Sommige Christene sê: "Ek wil nie besoedel word deur die wêreld nie. Ek gaan myself net isoleer. Ek sal 'n muur bou en my eie klein kultuur aanhang."

Isolasie werk nie! Hoe gaan jy enige vriendskappe op daardie manier bou?

Die ander uiterste is nabootsing, wat sê: "Laat ons net soos die wêreld wees. Ons sal soos die nuutste popster aantrek. Ons sal sê wat ons wil oor ander mense. Ons sal enige waardes en doelwitte hê wat populêre kultuur ons voorskryf om te hê. Ons sal nie anders wees as die wêreld nie."

Dit is nie wie God wil hê jy moet wees nie. Hy wil nie hê dat jy soos die deursnee mens van die samelewing moet wees nie.

Die antwoord is nie isolasie of nabootsing nie. Dit is beskerming en infiltrasie. Die Bybel sê ons moet die sout en die lig van die wêreld wees. Ons moet die wêreld binnedring met God se goedheid.

Wanneer ek uitgaan vir ete en seebaars bestel, moet ek eers sout oorgooi voordat ek dit kan eet. Daardie vis het sy hele lewe lank in soutwater geleef, nogtans moet ek sout oor dit gooi. Wat gaan aan? Daardie vis is beskerm. As God 'n vis kan vat en dit sy hele lewe lank in soutwater kan hou en keer dat die sout die vis binnedring, kan God sekerlik enige gelowige vat, in die wêreld plaas, en keer dat hy deur verkeerde waardes beskadig word.

God wil hê dat jy heilig en verseker moet wees van jou geloof. Hy wil hê dat jy by jou deur sal uitloop, die wêreld in, en die mense leer ken wat Hy in jou lewe geplaas het. Soos jy verhoudings bou met die mense om jou en die waarheid met hulle deel, is jy in die wêreld, maar nie van die wêreld nie.

"Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing" (2 Timoteus 1:7).

Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die liggaam van Christus! In hierdie reeks verduidelik Pastoor Rick hoe om die deur die lewe te gaan in verhouding met ander mense.

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org