Hernuwe Jou Huwelik in 31 DaeVoorbeeld

31 Day Marriage Reset

DAG 7 VAN 31

As jy nie aan 'n enkele rede kan dink om by jou huweliksmaat te bly nie, onthou dan Jesus het vir jou na die kruis gegaan toe jy vir Hom nutteloos was. Hy het sy verbond met jou gehou sonder dat jy Hom 'n enkele rede gegee het.

•••

Voel jy of jou huwelik aan 'n draadjie hang? Asof die tou wat julle voorheen aan mekaar vasgehou het, uitgerafel het, en jy nie seker is hoe lank dit nog sal hou nie? Ten spyte van wat jy dalk dink, of wat die Satan jou dalk wysmaak, is alles nie verlore nie! Ons dien 'n God van herstel en verlossing. Hou op om na daardie uitgerafelde tou te kyk, en kyk na ons God wat wonderwerke doen. As daar mense in julle lewens is wat negatief oor julle huwelik is, en aandag op die uitgerafelde tou vestig, is dit tyd om hulle en jouself daaraan te herinner dat Jesus, wat dooies kan opwek, beslis ook 'n dooie huwelik kan laat herleef. God is lief vir jou en Hy is lief vir jou huwelik. Hy verlang nog meer as jy daarna om eenheid in jou huwelik te bring. Julle huwelik is nie 'n grap vir Hom nie en is nie iets wat Hy ligtelik opneem nie. Hou daaraan vas en hou vas aan die Woord van God en aan sy getrouheid. Hy veg vir jou huwelik. 

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

31 Day Marriage Reset

Het jy 'n hupstoot in jou huwelik nodig? Raak verdiep in die Skrif en mekaar vir 31 opeenvolgende dae en kyk hoe Jesus verskyn!

More

Baie dankie aan Stonecreek Church wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.stonecreek.church vir meer inligting.