Hernuwe Jou Huwelik in 31 DaeVoorbeeld

31 Day Marriage Reset

DAG 5 VAN 31

Daar behoort nooit iets te wees wat jy vir jou gade hoef weg te steek nie. Jy, en alles wat jy doen, behoort vir hom of haar 'n oop boek te wees.

•••

Jy moet iemand wees wat jou gade, sonder enige voorbehoud, heeltemal kan vertrou. Daar moet niks in die donker hoeke van jou verstand wees wat nie voor jou huweliksmaat en voor God aan die lig gebring kan word nie. Daar moet niks wees wat jy voel moet weggesteek word nie. As daar is, is dit waarskynlik omdat die Satan jou oortuig het dat dit daar moet wees, want 'n deurbraak hang van jou eerlikheid af. Die waarheid is nie altyd maklik om te aanvaar of te bely nie, maar dit is altyd die moeite werd. Indien daar iets verborge is, laat vandag die dag wees om dit aan die lig te bring. Vra God om jou te lei en te help om sonder geheimhouding in jou huwelik te lewe. Eerlikheid as basis, bring 'n gevoel van vryheid om te wees wie jy is, en om te voel jy word aanvaar en is geliefd. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

31 Day Marriage Reset

Het jy 'n hupstoot in jou huwelik nodig? Raak verdiep in die Skrif en mekaar vir 31 opeenvolgende dae en kyk hoe Jesus verskyn!

More

Baie dankie aan Stonecreek Church wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.stonecreek.church vir meer inligting.