Hernuwe Jou Huwelik in 31 DaeVoorbeeld

31 Day Marriage Reset

DAG 30 VAN 31

Dit is nie jou werk om jou huwelik te herstel nie. Dit is jou werk om jou huweliksmaat lief te hê, selfs al dink jy jou huwelik is gebroke.

•••

Dit sou so maklik wees, as dinge moeilik raak, om net jou foon se klank af te sit, in die motor te klim en weg te ry. Die rede waarom ons dit nooit sou aanmoedig nie, is omdat dit die Satan ruimte gee om jou huweliksmaat te pynig. Soms is dit egter baie belangrik om jouself af te sonder as dit moeilik raak. Om jou huweliksmaat te vra of jy net 'n tien minute pouse kan hê om alleen met Jesus te wees. Jesus wys ons baie keer in die Bybel hoe belangrik dit is. Hy het Hom afgesonder om te bid. Hy het Hom afgesonder om tyd alleen met God te hê en God ruimte te gee om te praat. As daar gebroke oomblikke, dae en selfs tydperke in jou huwelik is, vestig jou aandag op God en nie daarop om jou huwelik te herstel nie. Die sleutel tot 'n gebroke huwelik is nie om jou huwelik te herstel nie, maar jou gedagtes. Hou vas aan God se beloftes te midde van verwarring en dit wat na chaos lyk en gee aan God ruimte om jou te beïnvloed en jou daardeur te vorm. Miskien is die werklike projek waaraan God werk, nie jou huwelik nie, maar jy. 

Dag 29Dag 31

Aangaande hierdie leesplan

31 Day Marriage Reset

Het jy 'n hupstoot in jou huwelik nodig? Raak verdiep in die Skrif en mekaar vir 31 opeenvolgende dae en kyk hoe Jesus verskyn!

More

Baie dankie aan Stonecreek Church wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.stonecreek.church vir meer inligting.