Hernuwe Jou Huwelik in 31 DaeVoorbeeld

31 Day Marriage Reset

DAG 29 VAN 31

Die aansteeklikste ding wat jy ooit na jou gesin toe sal bring, is jou gesindheid. Maak seker jy versprei iets in jou huis wat Jesus nie hoef te genees nie. 

•••

Jy kan nie bekostig dat jou geduld opraak voordat jy jou huweliksmaat sien nie. Jy kan nie bekostig dat genade opraak voordat jy jou huweliksmaat sien nie. Jy kan nie bekostig om nie goedhartig te wees nie. Jy kan nie bekostig om liggeraak te wees nie. Jy kan nie bekostig om liefde te weier nie. Hoekom? Want dit is die dinge wat die Satan verkoop, en dit sal jou huwelik bankrot maak. Dit is so belangrik om 'n goeie gesindheid teenoor jou huweliksmaat huis toe te bring. Dit is so belangrik dat jou huweliksmaat nie jou oorskiet kry nie. Dit is so belangrik om Jesus te weerspieël. Jesus is die maklikste persoon om mee saam te leef. Dus, hoe meer ons soos Hy word, hoe meer word ons huise plekke van toevlug en vrede. Besluit vandag dat jy meer as 'n oorwinnaar deur Christus is en jy kan 'n slegte gesindheid oorkom ter wille van jou huwelik! 

Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

31 Day Marriage Reset

Het jy 'n hupstoot in jou huwelik nodig? Raak verdiep in die Skrif en mekaar vir 31 opeenvolgende dae en kyk hoe Jesus verskyn!

More

Baie dankie aan Stonecreek Church wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.stonecreek.church vir meer inligting.