Hernuwe Jou Huwelik in 31 DaeVoorbeeld
Selfs as jou huweliksmaat nie doen wat hy of sy moet nie, moet jý steeds.
•••
Eenkeer was ek by 'n konferensie waar die spreker gepraat het oor sy ervaring in 'n droë tydperk, en hoe moeilik dit was om die stem van God te hoor. Hy het gesê dat, terwyl hy in daardie tydperk was, hy nie seker was watter stap om volgende te neem of in watter rigting God hom roep nie. Die enigste ding wat hy wel geweet het om te doen, was om aan te hou leef volgens die Woord van God. Om elke dag in daardie tydperk wakker te word en te sê: “Vader, ek gee hierdie dag aan U. Help my om op 'n manier te lewe wat U verheerlik.” Ek het gedink dit was so kragtig, dat wanneer ons nie weet wát om te doen nie, ons eenvoudig net kan doen wat reg is. Ons kan aanhou om elke oomblik getrou te wees. Ek hou ook van die praatjie se einde. Hy het gesê dat hy eendag in daardie tydperk wakker geword en God so duidelik hoor sê het: "Dit is verby". Daardie dag het daardie tydperk geëindig, en God het hom in 'n ander, baie duidelike rigting begin neem. Soms gaan ons deur tydperke wat nie pret is nie, wat nie lekker is nie, en wat net moeilik is, maar ons word steeds geroep om getrou te wees terwyl ons wag. As julle in een van daardie tydperke is, terwyl julle wag, onderwerp julle aan God, en kies om die regte ding te doen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy 'n hupstoot in jou huwelik nodig? Raak verdiep in die Skrif en mekaar vir 31 opeenvolgende dae en kyk hoe Jesus verskyn!
More