Hernuwe Jou Huwelik in 31 DaeVoorbeeld

31 Day Marriage Reset

DAG 27 VAN 31

Vader, as ek ooit ophou om my huweliksmaat te sien soos U hom of haar sien, verwyder asseblief dan my hande van my oë af. 

•••

Soms is dit maklik om ons huweliksmaats te sien uit die oogpunt van die dinge wat hulle doen, eerder as wie hulle is. Dit is makliker om hul swakpunte as hul sterkpunte te sien. Dit is makliker om te sien hoe hulle struikel as wat dit is om hul vasberade treë te sien. Dit is egter die teenoorgestelde van hoe God na ons kyk. Hy sien ons deur die oë van liefde. Hy sien die beste in ons, selfs in ons slegste tye. Hy is ons grootste aanhanger. Hy is ons grootste vriend. Die manier waarop Hy na ons kyk, is hoe ons moet streef om ons huweliksmaats te sien. ’n Bemoediger, nie ’n kermkous nie. Een wat vergewe, nie een wat ’n wrok koester nie. Hy is vir ons, nie teen ons nie.

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

31 Day Marriage Reset

Het jy 'n hupstoot in jou huwelik nodig? Raak verdiep in die Skrif en mekaar vir 31 opeenvolgende dae en kyk hoe Jesus verskyn!

More

Baie dankie aan Stonecreek Church wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.stonecreek.church vir meer inligting.